1 Blomprinses

[caption id="attachment_67907" align="aligncenter" width="450"]Poppy Delevingne Poppy Delevingne
Foto: Stuart C. Wilson/Getty Images[/caption]

Poppy Delevigne het Erdem se Lente 2014-vertoning tydens die Londense modeweek bygewoon in ’n mooi wit rok met kleurryke blomappliek uit die reeks Erdem Resort 2014 met ’n byderwetse DSquared2-sonbril daarby.

1702 fashion snippet image 2

Kry jou blomrok hier by Spree teen R950.

2  Mooi in rooi

[caption id="attachment_67909" align="aligncenter" width="663"]Foto: IZZY/WENN.com Foto: IZZY/WENN.com[/caption]

Die aktrise AnnaSophia Rob het in ’n alice + olivia-rok deur Stacey Bendet op die rooi tapyt verskyn tydens die Go Red for Women/The Heart Truth Red Dress Collection-modevertoning wat tydens vanjaar se Mercedes-Benz-modeweek in New York gehou is.

1702 fashion snippet image 4

Kry jou rooi rok hier by Spree teen R899.

Spaanse flair

[caption id="attachment_67911" align="aligncenter" width="663"]Irene Visedo Irene Visedo[/caption]

Dit is my gunstelingvoorkoms van die week. Die Spaanse aktrise Irene Visedo het onlangs die 28ste Goya-rolprentprysuitdeling in Madrid bygewoon. Sy het ’n versierde ivoor en goue Tom-Hom-top en maksirok met mosterd lyfband gedra.

Spree 18022014

Kry jou uitrusting hier by Spree teen R420 vir die romp en R690 vir die top.

Deur Jeani Tutt