Pres. Barack Obama van Amerika en sy vrou, Michelle, het Suid-Afrika onlangs besoek. Dit het die wêreld se gunstelingpresidentsvrou, vir baie ’n mode-ikoon, weer in die kollig geplaas en ons wys jou haar drie beste style van daardie week.

Blou skakerings

[caption id="attachment_41356" align="aligncenter" width="588"]Foto deur Chip Somodevilla/Getty Images) Foto: Chip Somodevilla/Getty Images)[/caption]

Blou is hierdie seisoen die pad vorentoe! Michelle lyk wonderlik in hierdie asimmetriese broekpak wat sy kombineer met haar 50’s-styl string van pêrels. Ons hou van dié blou, so gaan kyk hierna: blou katstrikbloes deur Friede Marie Kellerman R399.

Blomprag

[caption id="attachment_41357" align="aligncenter" width="569"]Foto: AP Photo/Rebecca Blackwell Foto: AP Photo/Rebecca Blackwell[/caption]

Die gekante goue-en-swart jacquardrok van Lela Rose is absoluut pragtig. Die vol romp is boonop baie vroulik. Sy rond dit perfek af met haar pêrels en swart truitjie. Gee jou klerekas ’n 50’s-gevoel en kyk hierna: ’n 50’s rokkie van Silk Orchid R680.

Perfekte plooie

[caption id="attachment_41358" align="aligncenter" width="570"]Foto: Gary Cameron / Reuters Foto: Gary Cameron / Reuters[/caption]

Michelle lyk pragtig in hierdie Naeem Khan Spring 2013-ontwerp. Die eenskouerrok bewys sy is ’n tydlose modeslaaf. Dit word perfek afgerond met ’n bonkige halssnoer wat ’n stelling maak. Koop ’n halssnoer vir R159 van Lily & Rose hier.

- Jeani Tutt