Olivia Palermo is ’n Amerikaanse model, aktrise en modeblogger. Ons is gek oor haar styl.

Baie sjarmant in swart-en-wit

0710 Fashion Brokkie Image 1

Hier dra sy ’n delikate kolleromp en swart langmoutop uit die Chloé Herfs 2013-versameling. Kry die voorkoms in Spree:

 Tartan-voorkoms

Carven : Outside Arrivals - Paris Fashion Week Womenswear  Spring/Summer 2014 Sy het by die Carven Lente 2014-modeskou ’n Zara-tartanrok met ’n lang lyfie en ritssluiter aangehad. Daarby dra sy lang Stuart Weitzman-suède-stewels. Kry ’n tartan-item in Spree:  

Oranje is die nuwe swart

Olivia Palermo Sy was van kop tot tone in Christian Dior uitgevat by die Christian Dior Lente 2014-modeskou. Sy het gespog met ’n oranje baadjie, ’n swart kantrok met ’n blokkiesbostuk, bleekpienk hofskoene en ’n koevert-palmtas. Kry die uitrusting in Spree:

DEUR JEANI TUTT – Mode-assistent – Huisgenoot en YOU

Foto’s: Elite Photo Agency, Getty Images/Gallo images, Pan Media