Die basiese wit T-hemp is waarskynlik die klassiekste en veelsydigste item in jou klerekas, want jy kan dit saam met byna alles dra. En met ’n slagspreuk-T-hemp kan jy ’n stelling oor vrouekrag maak sonder dat jy te veel hoef te sê.

Dra dit by verslete jeans vir ’n funky voorkoms of saam met ’n baadjie en blink hakskoene vir ekstra glans. 

Ons wys jou hoe om dit te dra sonder dat jy soos ’n modeslaaf lyk:

Reël 1: Dra jou T-hemp met selfvertroue deur in die boodskap te glo! 
Reël 2: Sorg dat jy ’n sterk stelling maak wat kort en kragtig is.

Wenke:

  1. ’n Deftige baadjie of swart uitrusting maak die voorkoms geskik vir ’n aand uit.
  2. As jy die T-hemp net so dra, kan jy steeds vroulik en glansryk lyk.
  3. Dra die T-hemp by ’n romp en hakskoene om dit meer geskik vir die werk of ’n professionele omgewing te maak.
  4. ’n Eenvoudige manier om jou T-hemp tot die volgende vlak te voer, is om dit met helder bykomstighede te kombineer.
  5. Hou dit informeel met reguitpyp- of geskeurde jeans of laat dit ’n bietjie deftiger lyk met ’n sjiek noupyp-langbroek.
  6. Vir die oorgangsmaande lyk ’n slagspreuk-T-hemp saam met ’n klassieke militêre jas moeiteloos sjiek. 
Foto: Getty Images
Foto: Magazine Features