Die grimeerkunstenaar Amber Clare Van Winsen deel haar gunsteling-apps met ons

  1. Instyle.com Hairstyle Try-On

Met hierdie app kan jy die haarstyle van verskillende bekendes op ’n foto van jouself uittoets, die foto’s op Facebook laai en danksy die geïntegreerde GPS ’n nabygeleë InStyle-goedgekeurde haarsalon opspoor wat jou hare so kan stileer. Die app is beskikbaar vir Apple.

Dis nuttig as jy ’n bietjie wil rondspeel met ’n voorkoms wat jy by ’n bekende of op die loopplank gesien het.

Koste: GRATIS.

  1. Make Up For Ever

Hierdie app kry aanlyn tutoriale om jou te help met grimeerstyle vir verskillende gesellighede. Dis beskikbaar vir Android- en Apple-toestelle.

Dis ’n wonderlike hulpmiddel, want jy kan ’n video kies wat pas by hoe jy jou spesifieke behoeftes daardie dag.

Koste: GRATIS.

  1. FitMe deur Maybelline New York

FitMe help jou die onderlaag, verbloemer, poeier, blosser en verbronser vind wat jou die beste pas deur jou velkleur met die verskillende produkte te vergelyk. Dis beskikbaar vir Android en Apple.

Omdat ons almal se velkleur verskil, kan dit nogal ’n ramp wees as jy baie geld uitgegee het op ’n gehalteproduk wat eintlik glad nie geskik is nie. Dit maak hierdie app ’n wenner.

Koste: GRATIS.

  1. Mary Kay Mobile Virtual Makeover

Skep ’n unieke voorkoms en ondergaan ’n virtuele mooimaaksessie met ooggrimering, lipkleur, haarstyle, haarkleur en bykomstighede. Jy kan die voorkomste waarvan jy hou stoor en dit selfs via die app koop. Dis beskikbaar vir Android en Apple.

Dit kan pret wees, maar moet aangepas word sodat dit ernstiger en minder soos ’n foefie voel.

Koste: GRATIS.