Dit kan moeilik en baie duur wees om elke seisoen met die jongste neigings tred te hou. My raad? Kry stukke wat ’n stelling maak! Koop ’n stapel-item en vul dit met bykomstighede in die jongste modes aan vir verskillende voorkomste.

Ek het van my gunsteling-stellingstukke bymekaargesit wat enige gewone uitrusting byderwets sal maak. Al die items is by Huisgenoot se modewinkel te koop. Gaan na huisgenoot.com en klik op die modeskakel om by ons aanlyn winkel uit te kom.

1. Bykomstigheid – Rugsak

Koop hier aanlyn

Hierdie sak is ’n moet vir die winter. Dit is nie net stylvol nie, dit laat ook albei jou hande vry. En dit maak inkopies doen soveel makliker . . .

2. Stellingstuk – Touhalssnoer

Koop hier aanlyn

Dit is dié seisoen ’n nuwe neiging van Pichulik – nou een van die warmste name in juwelierware. Kies hierdie item versigtig, want dit kan jou uitrusting maak of breek. My leuse is: Wees waaghalsig of gaan huis toe!

3.    Moethê-bykomstigheid – Stellingskoene

Koop hier aanlyn

Een van die grootste giere van die seisoen is stellingskoene. Ek het ’n paar pare gekies, want ek kon eenvoudig nie op een besluit nie. Hulle sal enige uitrusting skop gee.

4. Stellingstuk – Opvallende sokkies

Koop hier aanlyn

Mense wat nie kans sien om met skoene ’n stelling te maak nie, kan dit met sokkies doen. Jy kan hulle by enige skoene dra; hulle sal enige uitrusting ’n tikkie karakter gee.

5. Bykomstigheid – Kleurblokbelt

Koop hier aanlyn

Dit is ’n baie kostedoeltreffende manier om jou klerekas mee op te kikker en kan ’n gewone uitrusting in iets spesiaals omskep.

6. Bykomstigheid – Patroonmus

Koop hier aanlyn

Hierdie klein item sal jou wintervoorkoms warmte gee; ’n mus gee enige uitrusting ’n tikkie andersheid.

7. Belegging – Stellingserp

Koop hier aanlyn

Vir my is die patroonserp eintlik ’n modebelegging. Dis ’n item wat enige uitrusting sommer dadelik sal opvrolik.

8. Bykomstigheid – Katoogdonkerbril

Koop hier aanlyn

Dié donkerbril is ’n besliste moet. Dit sal enigiets aanvul wat jy in die winter dra.

9. Stellingstuk – Etniese oorbelle

Koop hier aanlyn

Dit gee ’n alledaagse uitrusting daardie ietsie ekstra.

10. Stellingstuk – Patroonspanbroek

Koop  hier aanlyn

Ek het dié spanbroek gekies, want ek hou daarvan om met my bene ’n stelling te maak. Deesdae dra ek spanbroeke by alles en kan netsowel ’n stelling daarmee maak.

Lekker koop!

Wagheeba January

NS: Gaan kyk gerus na my eie blog by www.inspirationalmeblog.wordpress.com.