Laat modekenners jou inspireer en leer. Margot Robbie, Shu Qi en Zoë Saldana wys hoe ’n meisie moet lyk wanneer sy ’n glansaand bywoon.

Wys skouer

[caption id="attachment_65865" align="aligncenter" width="400"]Margot Robbie Foto: Gregory Pace/BEImages[/caption]

Margot Robbie het asemrowend gelyk in hierdie Armani Prive-rok met een kaal skouer by die première van The Wolf of Wall Street in New York.

2701 fashion snippet image 2Kry jou rok met een kaal skouer hier by Spree teen R995.

Meng-en-pas

[caption id="attachment_65868" align="aligncenter" width="400"]Zoe Saldana Foto: Kevin Winter/Getty Images[/caption]

Hierdie swart-en-wit top en romp uit die 2014-lentereeks van Sachin + Babi vlei Zoë Saldana se figuur pragtig en laat haar vroulik lyk. Meng jou strepe en kolle hierdie seisoen met dié items van Spree.

Zoe Spree

Kry jou streepromp hier teen  R499 by Spree en jou gekolde top teen R295 hier by Spree.

Barokstyl

[caption id="attachment_65870" align="aligncenter" width="400"]Shu Qi Foto: REUTERS/Patrick Lin[/caption] Die Taiwanese aktrise en model Shu Qi lyk pragtig in hierdie Valentino-uitrusting en die kleur pas haar perfek. 2701 fashion snippet image 7 Kry jou kledingstuk in die Barokstyl teen R460 hier by Spree.

Deur Jeani Tutt – Huisgenoot en YOU se  mode-assistent