Dis goed genoeg dat jy dit kan eet, en kyk net wat dit vir jou vel beteken:

  • Die papaïen en bromelien in papaja en pynappel verwyder dooie velselle op ’n natuurlike wyse.
  • Klapper is antibakteries en antimikrobies – daarom beskerm en verbeter dit jou vel se natuurlike flora.
  • Heuning se natuurlike antioksidante en antimikrobiese eienskappe help beskerm jou vel teen sonskade en laat dit sysag en soepel voel.
  • Granate en waatlemoen is propvol antioksidante soos vitamien C en likopeen wat veroudering teenwerk.
  • Pomelo is propvol vitamien C, wat kollageen in jou vel help opbou en dit fermer maak, sodat jy jonger lyk.
  • Aarbeie help olierigheid opklaar. Die vitamien C daarin help dat die liggaam weefsel vorm en herstel.