Taylor Swift

As vanjaar se medeaanbieder het Tay Tay moeite gedoen met haar voorkoms, wat sy “ ’n futuristiese robot” noem. Die Blank Space-sangeres het haar beroemde bene gewys in ’n silwer Louis Vuitton-minirok met kniehoogte gladiator-hakskoene en modieuse donker lipstiffie daarby.

Beyoncé

A photo posted by Beyoncé (@beyonce) on

Sy laat blykbaar altyd die tonge klap in die tyd van die Met-gala (*kug* hyserskandaal *kug*). Dus het Beyoncé natuurlik die koppe op die rooi tapyt laat draai. Maar haar ongelooflik stywe goue rok het beslis gehelp! In die perskekleurige lateksskepping deur Givenchy het Bey, wat alleen op die rooi tapyt verskyn het, merkwaardig baie soos Star Wars se C-3PO gelyk.

Kim K

Dit het gelyk of Mev. Kardashian West haar beroemde kurwes in gesmelte silwer gedoop het – die werklikheidster het koeëlvas gelyk in ’n langmourok deur Balmain. Haar man, Kanye, was die volmaakte bykomstigheid in ’n bypassende Balmain-baadjie en geskeurde jeans met, uhm, ysblou kontaklense daarby.

Cindy Crawford

Die supermodel het ’n metaalkleurige Balmain-skepping gekies wat baie dieselfde as Kim se rok was. Olivier Rousteing van Balmain het in die wolke gelyk dat die veteraan van die Met-gala een van sy ontwerpe gekies het. Die ontwerper, wat saam met Cindy op die rooi tapyt gestap het, het sy aanhangers ’n kykie van die glansryke voorkoms op Instagram gegee met ’n skaduryke foto waarop Cindy haar grimering laat aanwend in die vloerlengterok wat deur ’n disco-bal geïnspireer is.

Kylie Jenner

A photo posted by King Kylie (@kyliejenner) on

Kim K se jongste halfsuster het haar debuut by die Met in ’n silwer kralerok gemaak – ook deur Balmain. Die 18-jarige ster het die voorkoms afgerond met ’n gladde bob-pruik en mat lipstiffie aan haar bekende pruilmond.

Rita Ora

A photo posted by Vera Wang (@verawanggang) on

Is dit ’n voël? Is dit ’n robot? Die sangeres Rita Ora het die hoofopskrifte op sosiale blaaie gehaal met hierdie silwer vereskepping deur Vera Wang.

Gigi Hadid

A photo posted by Versace (@versace_official) on

Supermodel Gigi looked exqusite in a gunmetal Tommy Hilfiger sequin bodice and sheer skirt, finishing off the look with a sleek thick pony-tail and metal cuffs around all of the fingers on both hands. Die supermodel het hemels gelyk in ’n grys Tommy Hilfiger-blinkertjie-bostuk en deursigtige romp. Sy het die voorkoms afgerond met ’n gladde, dik poniestert en metaalbuise aan al 10 vingers.

Zayn Malik

A photo posted by Zayn Malik (@zayn) on

Gigi se kêrel het die tema tot ’n heel nuwe vlak gevoer. Danksy die metaalplate wat hy oor die moue van sy klassieke Versace-pak gedra het, is die voormalige One Direction-ster dalk die bekende by vanjaar se geleentheid oor wie die meeste memes geskep is. Binne minute nadat hy sy hotel verlaat het, is hy met ’n bioniese mens, Transformer en The Wizard of Oz se Tin Man vergelyk.

Katy Perry

A photo posted by Prada (@prada) on

Dalk was Katy meer bose wetenskaplike as robot, maar die eindresultaat was steeds baie ontstellend. Die Firework-sangeres, wat hopeloos misluk om haar verhouding met Orlando Bloom geheim te hou, het ’n gotiese Prada-fluweelrok gedra met goue versierings wat baie swaar gelyk het. Ten minste was ’n handsak daaraan vas sodat sy haar swart lipstiffie byderhand kon hou om haar grimering te verfris.

Ciara

@Ciara sparkles on the way to the #MetGala in custom-made H&M. #MetGalaHM

A photo posted by H&M (@hm) on

Ciara se silwer hare het die deurslag gegee! Die R’nB-ster was ’n robotprinses behang met juwele in ’n pasgemaakte H&M-rok in die styl van die 1920’s.

Lady Gaga

@ladygaga is flawless in Atelier Versace at the 2016 Met Gala. #VersaceCelebrities

A photo posted by Versace (@versace_official) on

Die popster wat binnekort afhaak, het nie teleurgestel nie. Gaga was in haar element in ’n dolle mengsel van visnetkouse, platformskoene en ’n metaalkleurige bostuk en baadjie wat Dr. Frank-N-Furter sou trots gemaak het.

Kris Jenner

The most amazing night!! #balmain #metgala #metball #manusxmachina #anighttoremember

A photo posted by @krisjenner on

Die ma en bestuurder Kris Jenner sal bly wees om te weet sy het ons lys gehaal met haar glansende swart Balmain-blinkertjierok. Caitlyn Jenner se eksvrou het die voorkoms afgerond met ’n bypassende nekband – en haar katelknaap, Corey Gamble.

Bronne: E!Online, The Telegraph, MailOnline

Ander stories op Huisgenoot.com:

Man ry 1400 km ver om 15 bakke KFC vir sy vrou op hul vyftiende huweliksherdening te koop!

Dit gons vandag landwyd in die howe met drie hoëprofielsake

Die porsiebeheerdieet – die dieet wat werk!

Kyk: Die kietsie skrik g’n niks vir water en reis boonop om die wêreld!

‘Hulle help my deur my donkerste tye’: Jong kwadrupleeg spandeer haar lewe om soos Barbie en Britney Spears te lyk

Kyk: Dis hoekom jy Wagter liefs nie ’n drukkie moet gee nie!