Talle beroemdes, van Cameron Diaz tot ons eie Trevor Noah, wend hul al hoe meer tot hierdie nuwe anti-paparazzi-serp, glo om “hul reg op privaatheid” terug te kry. Die ISHU-serp, ontwerp deur Saif Siffiqui, maak die draer “onsigbaar” vir draagbare flitsfotografie. Die geniale modebykomstigheid kaats die lig terug na die kamera toe en word sodoende ’n doeltreffende ‘onsigbaarheidsmantel’ vir beroemdes wat nie gefotografeer wil wees nie.

“Die ISHU-serp stel ’n persoon in staat om doeltreffend beheer uit te oefen oor die foto’s en videos wat van hom/haar geneem word,” het die Nederlandse ontwerper aan die tydskrif Decoded vertel. Volgens ISHU se webwerf het Saif reeds in 2009 inspirasie vir die byomstigheid gekry toe hy ’n foto geneem het van vriende wat in Amsterdam voor ’n fiets staan.

The one and only @trevornoah with the #InvisibilityCloak ! www.TheISHU.com

A video posted by ISHU Clothing (@whatstheishu) on

“Hy het opgemerk die fiets se reflektor het die flits van sy selfoonkamera só gemanipuleer dat sy vriende se gesigte onduidelik was op die foto,” verduidelik die webwerf.
“Hy het onmiddellik besef dat, indien hierdie eienskap in die regte produk ontwikkel word, dit 'n ideale oplossing sal wees vir sy vriende en diegene van die publiek wat hul privaat oomblikke in die openbaar privaat wil hou, as hulle dit kan aanskaf.”

YES! @dmx! x #WhatsTheISHU Left pic: without flash Right pic: with flash #InvisibilityCloak (link in bio)

A photo posted by ISHU Clothing (@whatstheishu) on

Nadat ’n span deskundiges byeengebring is “wat in die wetenskap van lig en weerkaatsing werk”, is die ISHU gebore.

@nickjonas without flash.

A photo posted by ISHU Clothing (@whatstheishu) on

@joejonas spotted walking around with the Limited Black ISHU Scarf at Sundance #WhatsTheISHU? #InvisibilityCloak

A video posted by ISHU Clothing (@whatstheishu) on

Cameron Diaz x Nicole Richie The new collection is online! Link in bio.

A photo posted by ISHU Clothing (@whatstheishu) on

Bronne: theishu.com, telegraph.co.uk