Tande borsel is seker die een ding wat ons almal toe oë kan doen. Dis iets wat jy waarskynlik al jou lewe lank doen.

Maar ’n mens kan dit verkeerd doen, wat kan lei tot slegte asem, tandvleisprobleme en tandartsbesoeke. Gelukkig het dr. Harold Katz, tandarts en bakterioloog van die VS en stigter van The Breath Company, ’n paar professionele wenke oor mondhigiëne.

Moenie lui raak nie Al is jy soggens haastig, moenie jou borselroetine afskeep nie. Jy moet dit minstens twee keer ’n dag doen, 2 minute lank. Neem ’n bewuste besluit om by elke tand en oppervlak uit te kom.

Neem ’n bewuste besluit om by elke tand en oppervlak uit te kom.

Kies die regte produk

Jy kan so versigtig wees as wat jy wil; as die tandepasta verkeerd is, is dit alles verniet. Belê in ’n goeie fluoriedtandepasta sonder sulfaat. Skoonmaakmiddels in baie tandepastas kan ’n droë mond veroorsaak, wat kan lei tot slegte asem en sere erger kan maak. Die geheim is ook om ’n goeie tandeborsel te kies. Dr. Katz beveel ’n elektroniese tandeborsel met ’n tydhouer aan sodat jy weet hoe lank jy borsel. Elke drie tot vier maande moet jy ook die koppe of die hele borsel vervang.

Bemeester jou tegniek

’n Vinnige borsel van die een kant na die ander is nie genoeg nie. Hou jou tandeborsel teen ’n effense hoek, en voer ligte bewegings agtertoe en vorentoe uit. Bereik die buitekant, binnekant en kou-oppervlak van jou tande. Rond dit af deur jou tong te borsel, wat jou asem vars sal hou.

Moenie jou tandvleis ignoreer nie

Jy dink dalk dat alles net oor die tande gaan. Hulle is belangrik, maar jou tandvleis moet ook skoon wees. Wanneer jy borsel, bevel dr. Katz aan dat jy bokant die lyn van die tandvleis borsel om tandvleissiektes daar te help voorkom.

Vlos en spoel uit

Wanneer jy klaar geborsel het, moet jou roetine nie daar ophou nie. Dr. Katz beveel aan dat jy dit afrond met vlos en jou mond uitspoel met ’n mondspoelmiddel. “As jy versuim om tussen jou tande skoon te maak, kan dit 40 persent van die tandoppervlak onaangeraak en blootgestel aan bakterieë laat,” waarsku hy.

Begin deur 50 cm tandevlos af te breek, draai die meeste daarvan om die middelvinger van een hand en die res om die middelvinger van die ander hand. Wanneer die vlos by die lyn van jou tandvleis kom, draai dit teen een tand en vryf saggies. Vryf die tand in ’n sagte, op-en-af-beweging. Rond dit af met ’n alkoholvrye mondspoelmiddel om bakterieë dood te maak.

© Cover Media