Kandee Johson, ’n grimeerkunstenaar vir bekendes, het die ongelooflike transformasie op haar YouTube-kanaal gedeel.

En sy kwyt haar beslis uitstekend van haar taak – daar is ’n paar ongelooflike video’s op haar kanaal, waaronder een waarin sy haar in Elsa uit die fliek Frozen, Kylie Jenner en selfs Barbie omtower!