Ontmoet vir Coco, die sesjarige modepop wie se dapper modesin die modebedryf se aandag getrek het. 

Coco, van Harajuku in Tokio, Japan, het so ’n beroering veroorsaak dat sy al in Vogue verskyn het en die rapper Tyga as een van haar aanhangers kan tel.

. with my superstar?????? @kinggoldchains

A post shared by COCO (@coco_pinkprincess) on

Haar ma, Misato Hamamatsu, beskryf haar styl as ’n mengsel tussen “hoogmode en kuns” wat “altyd verander en ontwikkel”.

“Coco is ’n miniatuur-modepop,” het Misato aan Daily Mail Australia gesê. “En dis hoekom ons dink sy’t ’n treffer geword.”

Sy sê haar dogter se styl dien as inspirasie vir jonk en oud.

“Haar styl is baie byderwets en dis die jongste modes wat grootmense en kinders wil naboots.”

. SPUR????????? thankyou?? @spurmagazine @mitograph

A post shared by COCO (@coco_pinkprincess) on

Coco se passie vir mode het op drie jaar begin. Haar pa het op besoeke aan Amerika vir haar klere as geskenke saamgebring.

“Elke keer as sy klere as geskenk ontvang het van haar pa, was sy so gelukkig en sy het geleidelik ’n liefde vir klere ontwikkel.”

Hoewel haar pa nog moderaad gee, kies die sesjarige haar eie uitrustings.

En met meer as 100 000 Instagram-aanhangers wat haar modekeuses dophou, het Coco nou in ietwat van ’n ster ontpop, sê haar ma.

“Jong Japannese kinders en buitelanders herken haar van haar Instagram. Sy geniet dit om herken te word en al die aandag gee haar hope energie en dien as motivering.”

Maar Misato voeg ook by daar’s geen druk op Coco om haar in die modebedryf te begeef as sy ouer is nie.

“Wat ook al sy in die toekoms wil doen, ons sal haar ondersteun. En wat sy ook al kies, daar’s geen twyfel dat Coco dit met styl sal doen nie.”

Bronne: metro.co.uk, dailymail.co.uk