Vakansie-doendinge:  Prakseer snoere, krone en ander kunswerke van al die blomme, blare, sade, takkies en ander wonderlike dinge wat in jul tuin rondlê. Blomsnoere en blaarkrone tweemeisies met blomkranse om die nek en voet en blaarkrone op die kop Blomkranse Jy kan enige tuinblomme vir dié projek gebruik, maar blomme wat soos trompetjies lyk, werk die beste. Ryg die blommetjies aan mekaar deur een punt van ’n stuk dun draad (soos bloemistedraad) deur die kroon en kelk van die blom te druk. Ryg tot die draad vol is en buig toe. Wenk Klein kindertjies kan pleks van draad pypskoonmakers gebruik. Blaarkrone Ryg dik blare net soos die blomsnoere hierbo op die draad. Buig en pas die draad tot die omtrek op die kind se kop pas. Bind vas met die draad of ’n pypskoonmaker. Wenk Julle kan die kroon ook met blaarryke takkies maak. Maak die takkies aan mekaar vas met kort stukkies draad of groen pypskoonmakers.

Tooi met takke

Verf lang takke vrolik en pak dit in die vorm van letters teen jou kind se kamermuur om sy naam te vorm. Laat hy terselfdertyd sommer een vir sy beste maat maak.

Naam Liam uit takke gevorm

Hou ’n blomjoernaal

Plant saam met die kinders ’n paar blomsade in die tuin. Hou die saadpakkies in ’n koevert in ’n leë skryfboek en laat die kinders die blomme teken wanneer dit uitkom. Julle kan ook die blomme afdruk of droog en in die joernaal sit.

Prentjie van madeliefie

Nog dinge om in ’n blomjoernaal te sit

Idees oor tuin maak

Tuinmaakwenke

Lesse geleer

Lys van gunstelingblomme

’n Tuin-wenslys van blomme wat julle nog wil plant

Foto’s

Blom- en tuingedigte Inskrywings oor jul tuinblomme deur vriende Beskrywings van besoeke aan ander tuine ’n Lys van gunsteling-tuinpubli­kasies Droë sade wat volgende seisoen geplant kan word Superwenk Maak tuinkunsprojekte n aktiwiteit by ’n verjaardagpartytjie.

Bron Huisgenoot Speel Somer 2012/13

Visuele leiding en stilering Tina-Marié Malherbe

Produksie Marianne Burke

Hooffoto Peet Mocke

Modelle Georgia en Zoey van Infinity