Sandra Bullock, Rihanna & Olivia Wilde

Vernuwe jou haarstyl met ’n modieuse, stomp kuif

WILDE KRULHARE

Kies net ’n stomp kuif as jy jou hare altyd reguit maak; kies andersins ’n kantkuif.

KROONTJIEKUIF

’n Swaar kuif wat van ver agter af strek.

BAIE RONDE GESIG

Kies ’n reguit kuif wat aan die kante effens opwaarts gesny word.

PROBLEEMOPLOSSERS

Stap 1 ’n Kuif absorbeer die olie van jou voorkop en kan vetterig lyk. Bestry dit met ’n spuitjie droë sjampoe.

Stap 2 ’n Mini-haartang is wonderlik vir kort hare of kuiwe. As jy nie een het nie, gebruik jou gewone haartang. Begin aan die bokant van jou kuif en beweeg met ’n golfbeweging afwaarts sodat jou kuif nie te reguit is nie.

Stap 3 Hou jou kuif op sy plek met haarsproei.

Stap 4 Tem wegstaanhare en gee glans deur ’n ligte glansproduk aan te sproei en deur jou kuif te kam.

TOPWENKE

  • Die meeste haarkappers sal jou kuif gratis korter knip.
  • As jy jou eie kuif korter knip, wees eerder oorversigtig. Onthou, nat hare sal korter wees wanneer
  • dit droog is en dis makliker om ’n lang kuif reg te stel as een wat te kort is.
  • Vra jou haarkapper om jou kuif sowat ½ cm korter te knip as die lengte wat jy wil hê. Sodoende
  • sal dit langer hou.