Hier is ons gunsteling-voorkomste op Hollywood se mees glansryke aand.

Leona Lewis

Ons hou van Leona se voorkoms met die nouliks merkbare grimering, want dis subtiel maar betowerend. Sy het neutrale kleure gebruik wat by haar velskakering pas.

Scarlett Johansson

Scarlett speel met skakerings van pienk en dit gee haar ’n amper feeagtige waas. Om haar oë word die pienk met silwer gekombineer, haar lippe is ’n mat pienk en haar blosser laat alles mooi saamsmelt.

Natural Glam Makeup

 

Emma Stone

Emma het ’n baie ligte vel en moet dus baie versigtig wees met die kleure wat sy gebruik. Ons hou van haar lippe se voorkoms: Dis nie te donker nie; dus pas dit by haar haarkleur sowel as haar velskakering.

Dark Lip

 

Taraji P. Henson

Ons is gek oor die speelsheid van Traji se rookgetinte oë – die spatsel blou weerkaats die kleur van haar fluweelrok.

Smokey Eye

 

Janelle Monae

Ons ken Janelle met ’n groot afro, gewoonlik gestileer. Maar dis verfrissend om haar met ’n kabouterstyl te sien. Dit laat haar jonk lyk en pas mooi by haar versierde rok.