DIE grootste probleem wanneer jy self huis wil versier is gewoonlik dat jy nie weet waar om te begin nie. En ja, al moet jy vooraf min of meer weet waar jy wil eindig, is huisversiering maar altyd ’n proses en sal jy heel waarskynlik ’n paar keer van besluit verander. Vir my werk dit om as eerste stap op ’n kleurskema te besluit. Dit help om die res van die kreatiewe proses aan te wakker. Dan is daar natuurlik baie ander plekke en elemente waar ’n mens verdere inspirasie kan kry – hier volg ’n paar. 1 Versiertydskrifte Jy sal verbaas wees oor watter wonderlike inspirasie jy in tydskrifte kry. Dis gepak met die nuutste dekornuus en foto’s van interessante ruimtes waaruit jy idees vir jou eie plek kan put. As jy artikels of idees sien waarvan jy hou, maar jy is nog nie gereed om dit te implementeer nie, hou dan die tydskrif of knip die blaaie uit en bêre dit in solank in ’n lêer.  2 Aanlyn-webtuistes

Pinterest Collage Daar is talle aanlyn-portale waar jy hope dekorinspirasie kan vind. Een van my gunstelinge is http://pinterest.com/ (foto bo), wat eintlik maar ’n visuele aansteekbord is. Jy kan heeltemal daarin verlore raak en foto’s waarvan jy hou, op jou eie bord aanbring. Ek het Pinterest baie gebruik toe ek ons kombuis oorgedoen het. Of jy nou ’n slaapkamer of ’n stoep wil opkikker, is inspirasie net ’n klik ver. Onthou net om Huisgenoot ook op Pinterest te volg!  3 Kuns Art Inspiration Collage Kyk na die kuns wat jy reeds in jou huis het en gebruik die teksture en kleure as inspirasie wanneer jy iets nuuts koop. Jy kan byvoorbeeld die kleure en teksture van jou kuns in kussings en matte herhaal. Gebruik jou kunswerke ook as inspirasie wanneer jy ’n bank of stoel oortrek. Wat is die stemming van jou kunswerk? Is dit romanties, modern of klassiek? Laat jou hele vertrek dit eggo. 4 Huishoudelike gebruiksgoed Household-InspirationKLEINER Jy kan selfs alledaagse items as jou muse inspan. Toe ons ons kombuis opgeknap het, het ek my espresso-koppies en my Kitchen Aid-menger  gebruik om my kreatiwiteit aan te wakker. Ons het besluit om aksentkleure in rooi en Franse blou of akwa te gebruik – nie net vul die kleure mekaar aan nie, maar dit het ook vir klein kleurontploffings gesorg teen die agtergrond van die neutrale muurbedekking en toebehore wat ons gekies het. Items soos vase, vadoeke, kussings of matte kan ook idees laat vloei. 5 Natuur

Nature Inspiration KLEINER

Die natuur is ’n goeie plek om na ’n kleurpalet te begin soek. Kyk om jou rond om te sien watter kleure mekaar komplementeer en in harmonie saambestaan. Jy kan hierdie kleure in jou dekor inspan of as inspirasie gebruik.

Organiese teksture en patrone is ’n prettige manier om ’n nuwe dimensie aan jou dekor te verleen en ’n unieke, meer buitengewone omgewing te skep. Ons is byvoorbeeld baie lief vir hout, veral rou hout. Daarom het ons heelwat dekorstukke van hout in ons huis. Ek het houtblaaie pleks van graniet vir die werkoppervlaktes in die kombuis laat aanbring. Sowel hout as graniet is organies, maar ek het gevoel die hout sorg vir ’n sagter gevoel.

Die belangrikste om te onthou wanneer jy jou woonplek versier, is dat dit ’n plesier moet wees. Geniet die ontwerpproses en speel met kleur. Skep ’n unieke ruimte waarin jy graag tyd sal wil deurbring!

- Fiona Rossiter

Fiona Rossiter is ’n  ma van twee en woon in Kaapstad. Sy is skrywer en redakteur van die gewilde leefstylblog Inspired Living SA, wat op allerhande fasette van leefstyl fokus, van skoonheid en mode tot dekor en reis. Haar ander webtuiste, a beautiful life, gaan oor haar liefde vir fotografie en kos maak.

Lees ook ons Pinterest-blogger se gunstelinge:

5 planne met ou koffers

5 idees vir werkhoekies

Hoe lyk dit met cilantro? Of arugula?

Vyf blink planne op Pinterest

Inspirasie van Pinterest vir ’n gesonder jy