Hier is ’n paar dekor-idees vir Kersfees wat jy saam met die kleinspan kan maak.

Beach main

Dit is amper te veel om te hanteer – ’n strandvakansie én Kersfees! Ons het hierdie lieflike, eenvoudige idees op Pinterest gekry vir Kersversierings wat die huis feestelik maak en die kleingoed besig hou as dit onweer is.

Klein skulpkranse

Mini shell wreaths

Hierdie kranse van wit skulpies kan ewe goed lyk as jy kleurvolle skulpe gebruik. Dit is moeilik om gate in skulpe te maak; soek dus skulpe wat reeds gate in het. Tou dit aan ’n stuk vislyn, bind die twee ente saam en het ’n lus tou (of nog vislyn) aan. Hang die kransies aan jou kersboom of aan ’n paal dryfhout.

Boom van dryfhout met skulpe

[caption id="attachment_89694" align="aligncenter" width="300"]Foto gespeld van beachcomber26.blogspot.com Foto gespeld van beachcomber26.blogspot.com[/caption]

Dit is ’n eenvoudig maar mooi variasie van ’n tradisionele kersboom wat min ruimte beslaan en jy kan dit weer op die strand sit wanneer jy terugkeer huis toe. Maak eenvoudig die stukkies hout met tou vas, vul ’n houer met sand en maak die boom staan. Vind skulpe met gate in vir die versiering en gebruik lint, tou of vislyn om dit mee te hang en siedaar!

[caption id="attachment_89698" align="aligncenter" width="200"]Foto gespeld van babble.com Foto gespeld van babble.com[/caption]

Pleks van ’n stervis vir bo-op die boom kan jy takkies met tou of rek aan mekaar vasmaak om sterre te maak.

Wigwam-buiteboom 

[caption id="attachment_89699" align="aligncenter" width="300"]Foto gespeld van Shirley RusinovichPass Foto gespeld van Shirley RusinovichPass[/caption]

Hierdie boom moet liefs in sagte sand “geplant” word om stabiliteit te skep – maar as jy die geduld en vaardigheid het om ’n binnenshuise weergawe te skep, kan jy dit probeer. Takke van uitheemse bome is perfek vir die boom. Voeg  buiteliggies en skulpversierings by om die prentjie te voltooi.

Sandkasteelboom

[caption id="attachment_89696" align="aligncenter" width="300"]Foto gespeld van robinbecksnest.com Foto gespeld van robinbecksnest.com[/caption]

Dit is ’n lekker projek vir ’n dag by die see – laat die kinders ’n “boom” van nat sand bou en laat hulle skulpe, klippe en seewier oppak wat op die strand uitgespoel het. Dit is dalk nie ’n goeie idee om liggies te gebruik nie. As jy dit wel wil doen, moet jy seker maak dit is veilig vir gebruik buite en dat die sand droog is.

Prent van seeglas en dryfhout

[caption id="attachment_89697" align="aligncenter" width="300"]Foto gespeld van thespacebetweenblog.net Foto gespeld van thespacebetweenblog.net[/caption]

Bou hierdie mooi prent in ’n gekoopte raam of spoor ’n stuk ferm karton of hardebord op. Jy sal redelik maklik gom kan opspoor waarmee jy die hout en glas kan vassit en ’n skuifspeld of stukkie draad kan vir die ster gebruik word. Jy kan ook ’n stervorm met gom maak en ’n stukkie tou daarop lê. Dit is ’n bietjie ingewikkeld; jong kunsvlytiges sal hulp nodig hê.

- Alfie Steyn