Jennifer Aniston het op die harde manier geleer hoe om mooi te lyk. Die voormalige aktrise van Friends het oor die jare ’n ikoon van skoonheid en styl geword met haar fantastiese gesig en modieuse keuse van uitrustings.

Dit was egter nie maklik nie, en Jennifer gee toe dat dit lank geneem het voordat geweet het wat vir haar werk en wat nie.

Lees ook: Jennifer Aniston meen die getroude lewe ‘is wonderlik’

“Jy moet soms op die harde manier leer,” het sy teenoor Vogue.com gebieg. “Dit wat in die mode is, is soms nie jou beste vriend nie. Daar was ’n fase in die 1980’s toe ek nie gedink het enigiemand het ’n goeie haarstyl gehad nie of smaakvolle grimering gedra het nie. “Die hoeveelheid grimering wat ek aan my vel geplak het en die kleure en stilerings wat my hare moes verduur – ek kyk nie met verlange terug na sommige van daardie keuses nie, maar ek lag vir hulle!” Jennifer is bekend vir die Rachel-styl van haar tyd in Friends. Dié styl is wêreldwyd nageboots.

Sy het dit egter gehaat en het vantevore die haarstyl as “lelik” bestempel. ??Sommige van die klere wat sy op die reeks, wat toekennings gewen het, gedra het, is van Jennifer se gunstelinge, wat handig is, aangesien die modes van die 1990’s besig is om sy terugkeer te maak. Kyk: Die amptelike lokprent vir Mother's Day met Jennifer Aniston & Kate Hudson “Dit is eintlik baie goed want ek het nog sekere dinge uit my dae by Friends wat ek nog nie weggegooi het nie. My rooi slenterskoene met die vierkantige punte mag dalk terugkeer, dis fantasties. “Ek het ook nog daardie lekker jeans met die hoë middel. Ek is so bly ek het nie een van hulle weggegooi nie. Ek was gek oor die ’90’s.”

Die ster, wat die Golden Globe gewen het, het meer as 20 jaar gelede roem gevind en sy het baie lesse geleer wat styl en skoonheid betref.

“Ek dink dinge het oor die jare net aangehou om eenvoudiger te raak. Minder is beter, minder grimering, minder moeite, en net meer natuurlik, wat ek soort van verkies,” sê sy glimlaggend.?

© Cover Media

Ook op Huisgenoot.com:

Dis nou tyd vir Sylvester die leeu om te kalmeer

Is dié een van die wreedste of oorspronklikste poetse ooit?

‘Papierman’ omskep Britse stede in bekende Disney-tonele

Ons kan heelwat by dié 4-jarige gimnas leer