Bles mans is glo manliker, meer dominerend en sterker.

Dis nou as ’n mens ’n onlangse wetenskaplike studie kan glo wat sê mans wat hul hare begin verloor, moet hulle nie daaroor bekommer nie. Gryp die kans aan en skeer alles af. En wat jy ook al doen, moet net nie ’n toupee dra, jou hare van die kant af oorkam of jou pankop probeer wegsteek nie. Volgens dié studie beskou vroue ’n man met ’n geskeerde kop oor die algemeen as meer selfversekerd.
Dit maak kaalkopmans soos die akteurs Ivan Zimmerman en Arnold Vosloo sowel as die tennisspeler André Aggasi en omroeper Mark Pilgrim makliker op die oog vir sommige van die skoner geslag.

A photo posted by Milla Lhuna (@millalhuna) on

Volgens die Amerikaanse Vereniging vir Haarverlies begin tweede derdes van mans van hul hare verloor teen die ouderdom van 35 jaar. Teen 50 sal tot 85 persent van mans aansienlike haarverlies ervaar. Tog duik ’n mate van sielkundige probleme op wanneer mans se hare voor die ouderdom van 22 jaar begin uitval.

Gelukkig het ons samelewing die modeneiging by bles mans om hul hare af te skeer heeltemal aanvaar, sê die navorsers. Die meeste mans word deesdae eintlik aangemoedig om al hul hare af te skeer sodra dit begin yl raak.

Volgens Albert Mannes, ’n navorser aan die Universiteit van Pennsilvanië, word selfs mans wie se hare op foto’s deur digitale manipulering verwyder is, as meer dominant en selfversekerd gesien. Dis nou in vergelyking met ’n foto waarop hul hare nie verwyder is nie.

“Mans met kaalgeskeerde koppe word tradisioneel gevind in meer manlike beroepe,” voeg Albert by. Dit sluit beroepe soos die korporatiewe wêreld, finansies en bankwese in.

Die navorsers is onseker oor die presiese rede waarom vroue dink mans met ’n kaalkop is sexier. Dis dalk omdat ’n vrou eerste na ’n man se hare kyk wanneer sy hom ontmoet, maar as sy hare afgeskeer is, word sy verplig om direk in sy oë te kyk.

Eerste indrukke is blywend en as die man die vrou se aandag met sy blik vasvang, maak hy ’n groter impak.

So wat kan mans hieruit leer? Dat wanneer jou hare yler begin raak is dit dalk beter om dit bloot af te skeer as om dop te hou hoe dit stadig maar seker alles uitval.

– Morné van Rooyen en Petrus Malherbe

Bonne: http://blog.firstmalta.com; Business Insider

Lees ook op Huisgenoot.com:

‘Sy’t ja gesê!’: Geliefde akteur het die skoot omtrent hoog deur ná verlowing

Vind so uit of jou hond dalk aan spanning ly

Kettingbotsing in China laat hoofweg soos ’n skrootwerf-nagmerrie lyk

Kyk: Troufotograaf vang roerend ouers se ‘belangrikste oomblik’ vas toe hy hul sterwende baba afneem

Eksklusief: Ontmoet Koekedoor 2 se tien nuwe deelnemers

Is dié een van die wreedste of oorspronklikste poetse ooit?

Kyk: Grafiese advertensies skep bewusmaking oor die gevare van te veel suiker