Dit is een van die grootste geleenthede op die modekalender en die sterre was behoorlik uitgevat by die jaarlikse Golden Globes-prysaand in Hollywood Sondagaand.

Dit was 'n moeilike keuse, maar Huisgenoot se mode-assistent, Jeani Tutt, het haar vyf gunsteling-rokke op die rooi tapyt uitgesonder.

1. Jennifer Lawrence in Dior Haute Couture

Hierdie rooi syrok met uitsny-detail pas haar soos ’n handskoen. Sy het die uitrusting volmaak afgerond met ’n Chopard-juwelierstuk.

2. Jaimie Alexander in Genny

Die laehals-smaraggroen rok is asemrowend. Ek is dol oor die geometriese patroon en kleur.

3. Olivia Palermo in Delpozo

Ek is dol oor kort die groen, rooi en wit kleurblokrok. Dit is ’n baie oulike voorkoms.

4. Jenna Dewan Tatum in Zuhair Murad Couture

Sy lyk treffend in die vlootblou, versierde rok met ’n diep V-halslyn. Dié voorkoms is baie gewild.

5. Caitriona Balfe in Alexander McQueen

Dié Ierse-aktrise lyk dramaties in hierdie swart, halfdeurskynende rok. My gunsteling is die kantvalletjie-moue en bostuk-detail.

Lees ook:

Leo reageer te kostelik toe Lady Gaga aan hom stamp

Leo kraai koning by die Golden Globes