Serp1

’n Kleurryke serp beteken die lente is hier! Nie net is dit mooi nie – jy kan dit ook in ’n tulband, die perfekte somerbykomstigheid, omskep. Dié modeneiging is maklik om te volg en stylvol. Boonop is dit ’n kitsoplossing as jou hare nie wil saamspeel nie. Jy kan iets dra wat jou hele kop bedek of ’n kleiner tulband. Dra die knoop in die middel of teen die kante – waar jy ook al wil!

Hier is ’n paar van my keuses dié somer:

serp faiza

Inspirasie uit die tydskrif Drum deur die modedirekteur, Chu Suwannapha:

Serp collage

Koop jou serp by www.spree.co.za.

serp spree

Gaan kyk hier hoe om ’n tulband te knoop.

Tot volgende keer

WagheebaWJ