Die 25-jarige Aerie-model en aktivis vir positiwiteit oor jou lyf het ’n paar dae gelede ’n foto op Instagram gedeel wat as “kragtig” beskryf word. “Dit is vir enigeen wat al vet genoem is,” het sy geskryf by die foto waar sy tussen sakke aartappelskyfies in haar onderklere lê.

A photo posted by iskra (@iamiskra) on

As deel van die terugkap het Iskra ook ’n video in stadige aksie gedeel van waar sy ’n aartappelskyfie eet; net om dit in te vryf.

A video posted by iskra (@iamiskra) on
“Ek eet wat ek ook al wil met matigheid,” het sy by die video geskryf. “Die boodskap is: Wie gee ’n duiwel om wat enigiemand anders van jou dink.” Haar plasings is goed ontvang en altesaam meer as 130 000 mense hou daarvan. Iskra, wat die “plusgrootte-Gigi Hadid” genoem word, is bekend daarvoor dat sy ongedokterde foto’s van haar plaas, gewoonlik onder die hutsnaam #everyBODYisbeautiful.

Kry vir julle!

Bron: Instagram

Ook op Huisgenoot.com

Kyk: Kan jy die versteekte prentjie binne dié rooi kol sien?

Hoeveel weet jy van Jan van Riebeeck?

Kyk: Hidroliese pers vernietig enigiets – van Lego tot selfone en gholfballe

Ouma oorleef wonderbaarlik ná sy deur veiligheidshek se spitspen deurboor word

Tiener gooi balletjie ‘na homself’ in asemrowende optiese illusie