Stap 1: Omlyner. ‘‘Kies ’n omlyner wat by jou natuurlike lipkleur pas. Dit sal keer dat die omlyner sigbaar is,’’ sê die grimeerkunstenaar Liz Kaplan.

stap1

Stap 2: Lipkleur. Wend lipstiffie met ’n borsel of met die lipstiffie aan.

stap2

Stap 3: Laat dit hou. Skei twee velle van ’n snesie, hou dit oor jou lippe en tik liggies ’n lagie deursigtige poeier aan die snesie.

stap3

LIPGLANS

Sexy glans

Begin in die middel van jou lippe en wend uitwaarts aan. Vee die rand van jou lippe af wanneer jy klaar is

sexyshine

LIPVERF

Subtiele kleur

Gebruik ’n lipverf of ’n mat lipstiffie. Gebruik jou vingers om die kleur aan jou lippe te tik. Dit moenie te volmaak lyk nie, net gevlek

lipstain

Topwenke

  1. As jy die beste lipkleur wil identifiseer, moet jy al jou grimering verwyder. Die volmaakte, neutrale skakering is gewoonlik baie na aan jou natuurlike lipkleur. Jy weet jy het die regte skakering gekry wanneer dit jou gelaat komplimenteer, jou oë helderder
  2. laat lyk en jou gesig ophelder,’’ sê die grimeerkunstenaar Bobbi Brown in haar boek Make-up Manual. Donkerder kleure kan klein lippe nog kleiner laat lyk.
  3. Smeer ’n tikkie glans aan die middel van jou lippe om dit voller te laat lyk. Raak ontslae van droë, los velletjies deur liggies jou lippe met ’n ou tandeborsel en petroleumjellie te borsel.
  4. Vermy blink lipstiffies as jy ouer is.
  5. Keer dat lipstiffie op jou tande beland deur jou wysvinger in jou mond te druk nadat jy lipstiffie aangewend het en jou lippe te pruil. Die oortollige lipstiffie sal aan jou vinger kleef wanneer jy dit stadig uit jou mond trek.