Die aantreklike 29-jarige ster speel Jon Snow, Lord Commander van die Night’s Watch, op die netwerk HBO se treffer-fantasieprogram Game of Thrones.

Diana Schmidtke, ’n stilis van die bekendes, het ’n toename in die vraag na die chemiese krulbehandeling bemerk in die maande sedert die reeks se sesde seisoen in April begin het.

“Die man perm, of wat ek graag die merm noem – ek kan nog nie sê dit is ’n neiging nie,” het sy aan USA Today gesê. “Dit gee tekstuur aan ’n reeds algemene haarsnit, die hoog-en-kortstyl.”

Lees ook: Katy Perry die slagoffer van ’n vindingryke kuberkraker

Hoog en kort is ’n militêr geïnspireerde vorm van die borselkop – die hare aan die kante en agterkant van die kopvel word baie na aan die kop geskeer met ’n duidelike lyn wat die boonste porsie afbeeld, wat gewoonlik ’n goedversorgde kwas hare is.

Volgens Diana beteken die Jon Snow-geïnspireerde permanente golwing saam met die haarstyl die krulle is ’n bietjie minder styf as die kompakte ringetjies wat in vorige eras verkies is.

“Dis nie meer die permanente golwing van die 1980’s nie; die wetenskap het tegnies gevorder,” merk sy op. “Die stigma teen die perm dateer terug na die groot hare van die 1980’s. En jy kan nou sien hulle gebruik baie lang permanentegolwing-stawe, wat losser krulle gee.”

Lees ook: Die dag toe Minki van der Westhuizen Anneline Kriel ‘geword’ het . . .

Diana verduidelik die sagter, deurmekaar golwe van die moderne permanente golwing word behaal deur ’n koue tegniek te gebruik – ’n prosedure wat sowat ’n uur duur en minder skade aan die hare aanrig.

Maar as mans met krulle soos Kit s’n by die salon wil uitstap, beveel Diana hulle aan om nie hul te hoopvol te wees nie.

“Daar moet op gelet word dat Kit Harington se hare natuurlik krullerig is,” beklemtoon sy. “Op foto’s of die rooi tapyt sien jy hulle verslap in werklikheid sy hare.”

© Cover Media