Glad en reguit

  • Nadat jy jou hare gewas en opgeknap het, kam dit uit en sproei die lengtes met ’n goeie hittebeskermingsproei.
  • Blaas jou hare droog met ’n ioniese haardroër wat negatiewe ione bevat en jou haarwand help glad maak. Gebruik ’n ronde gaatjieborsel vir ’n gladde voorkoms.
  • Trek ’n haartang van die wortels tot die punte deur die lengtes van jou hare. Vir ’n bietjie meer volume by die kroon, gebruik ’n titsel droë sjampoe om hulle op te lig sodat jou hare nie te plat lê nie.
  • Vir afronding, spuit jou lokke met ’n glanssproei om hulle te laat blink. Vermy die wortels as jy fyn hare het, want dit kan jou hare olierig laat lyk.

Glansryke krulle

  • Die geheim van glansende krulle pleks van ’n wilde boskaas is om jou haarskag met ’n bietjie silikoon te verseël. ’n Mens kry dit in sjampoes en opknappers wat kroeshare tem of krulle glad maak.
  • Nadat jy jou hare gewas het, smeer ’n kruldefiniërende mousse aan jou haarlengtes en blaas jou hare onderstebo droog om volume te skep.
  • Met ’n keramiek-krultang is dit maklik om los krulle te skep. Draai bloot individuele seksies om die staaf, hou dit ’n paar sekondes en rol dan die krul af.
  • Wanneer jy met jou hele kop klaar is, borsel jou lokke sagkens uit om ’n los, ligte voorkoms te skep.
  • Spuit jou hare liggies met ’n haarsproei met ligte houkrag om te sorg dat die styl heeldag hou.

- Leigh van den Berg