DOVE CAMERON WYS JOU HOE OM HARTE-TOPPIE TE MAAK step 5 Benodighede:

you'll need

1 x Top

Potlood

’n Spons

Materiaalverf

Verfkwassie

Karton

Skêr

Stap 1

Sit die top op ’n plat oppervlak. Plaas ’n stuk karton aan die binnekant van die top om die agterkant teen die verf te beskerm. Teken ’n hartjie op die spons met ’n potlood. Knip dan die hartjie uit. Moenie vergeet om ’n volwassene te vra om jou te help nie!

Stap 2

step 1

Verf met die kwassie die materiaalverf op die sponsie.

Stap 3

step 2

Druk met die sponsie op die top waar jy die hartjie-motief wil hê (jy kan vooraf merk waar jy dit wil hê).

Stap 4

step 3

Verf tussendeur die spons en druk die hartjies op die top. As jy klaar is, kan jy dit eenkant los om droog te word.

Stap 5

Hier is jou fantastiese hartjie-toppie!

VERSIER JOU MUSSIE EN HANDSKOENE

step 4   Wil jy die winter warm bly en stylvol lyk? Dan sal jy mal wees oor ons wenke oor hoe jy jou wolmus en handskoene so koel soos Dove s’n kan laat lyk. Benodighede:

you'll need

1 x Mussie

1 x Paar handskoene

Tangetjie

Glinster-spuitverf

Blinkertjies

Materiaalgom

Stap 1

step 1

Sit die mussie op ’n plat oppervlak. Plak die blinkertjies op die mussie vas, en gebruik ’n tangetjie om daarmee te help. Gom kan nogal morsig wees, so maak seker jy vra ma of pa om te help indien nodig. Los dit eenkant om droog te word.

Stap 2

step 2

Herhaal die proses om jou handskoene met blinkertjies te versier.

Stap 3

step 3 step3b

Vra ’n volwassene om te help en wend dan die glinster-spuitverf aan op die mussie en handskoene. Maak seker jy is in ’n geventileerde vertrek en beskerm die oppervlak waarop jy werk.

Stap 4

Wys vir jou maats hoe mooi lyk jy in jou blink nuwe mussie en handskoene!

VAN TOPPIE TOT RONDE SERP! last pic Wie sê jy moet geld uitgee om in die mode te wees? Probeer die eenvoudige manier om ’n ronde serp te maak. Benodighede:

You'll need

1 x Top

Skêr

Stap 1

step 1

Sit die top op ’n plat oppervlak en sny in die breedte vanaf die onderkant van een mou tot die ander kant – onthou om gelyktydig die voor en agterkant van die top so te knip. Vra ma of pa as jy hulp nodig het.

Stap 2

step 2

Dra jou splinternuwe ronde serp met houding. So maklik soos dit!

Kyk na Dove Cameron in haar nuwe fliek Cloud 9 op die Disney-kanaal op Vrydag 27 Junie om 17:00.