Maak hierdie maklike bêrebokse vir jou spieëltafel se laai om jou grimering mee netjies te hou

Benodighede

Gereedskap

Snymat

Potlood

Staalliniaal

Handwerkmes

Materiaal

Balsa-blad van 915 x 75 x 5 mm R32,50

Balsa-driehoekstaaf Balsa triangular beading van 6,5 x 6,5 R9,30

UHU Hart Glue for Balsa R29,20, alles The Deckle Edge

Totale koste R71

Stap 1

Merk die grootte vir die sypanele van jou boks met ’n potlood op die blad af. Ons s’n se mates was twee sye van 20 x 3 cm en twee sye van 7,5 x 3 cm. Die grootte van jou boks hang af van wat jy daarin wil bêre. Sny dit met die handwerkmes en liniaal uit

stap1a

stap1b

Stap 2

Meet nou vier lengtes van 3 cm op die Balsa-driehoekstaaf af en sny dit met die handwerkmes. Plak die driehoekige stukke met die gom vas aan die korter kante van die the 20 cm-stukke wat jy in stap 1 gesny het. Druk sowat 30 sekondes daarop om te sorg dat dit stewig sit.

stap2a

stap2b

Stap 3

Plak die twee kort kante teen ’n reghoek aan die twee lang kante va

stap 3a

stap3b

Stap 4

Sit die boksvorm wat jy pas gemaak het op die Balsa-blad neer en meet die lengte van van die basis van die boks af. Sny met die handwerkmes.

Stap4

Stap 5

Plak die kante op die basis vas. Laat die gom ’n paar uur droog word voor jy die boks gebruik. Maak bokse van verskillende groottes om die laai te vul.

stap5

Kry dit hier  The Deckle Edge 021 180 4442

Deur Shelly Bergh

Foto’s: Martin de Kock