Dit lei gewoonlik tot die eerste plooie om die oë en is ’n goeie rede om van jongs af rome te begin gebruik, volgens die handelsvereniging van lyfsorg- en reinigingsprodukte van Duitsland.

’n Toegewyde oogroom moet gebruik word sodra die eerste plooi verskyn. Oogrome word spesifiek vir die vel om die oë ontwikkel en bied ’n gekonsentreerde hoeveelheid lipiede en vog.

’n Algemene reël is: Hoe ouer die vel, hoe intensiewer moet die sorg wees. Dit geld in die besonder vir die vel om die oë, wat skaars enige vet, elastien of kollageen bevat. Stres en ’n gebrek aan slaap kan hul uitwerking vinnig laat wys.

Dit is ook ’n goeie idee om jou vel te beskerm teen omgewingsfaktore, wat dit ouer laat lyk.

Sonrome is ’n uitstekende manier om jou vel te help jonk en vars lyk.

Oogkussings en verkoelende aanrolmiddels kan ná ’n nag van min slaap swelling help verminder. ’n Alternatief is om oogroom in die yskas te bêre of ’n skyfie komkommer om jou oë te sit. Komkommer bevat baie water en verkoel die vel. So verminder dit swelling.