[caption id="attachment_51843" align="alignnone" width="600"]Foto's: Charmaine Mathibela Foto's: Charmaine Mathibela[/caption]

MENSE, maak gereed om al daai donker lae af te skil. Dié lente vier helder kleure, grafiese patrone en hope bykomstighede hoogty. In die somer gaan dinge behoorlik blom. Kry dus solank jou klerekas gereed . . .

Ek het ’n paar van my gunsteling-voorkomste bymekaargesit:

HEEL BO LINKS Helder lippe is groot dié seisoen (van links: Shocking Pink van Rimmel, L’Absolu Rouge van Lancôme, Coral Passion van Yardley)

REGSOM VAN MIDDEL LINKS

Gewastedenim-oorbroek van Cotton On

Bedrukte romp en top van Mr Price (Ek is dié seisoen versot op drukpatrone.)

Armbande van Cotton On

Aksent-naels is dié somer hoogmode. Ek het Inglot O2M Breathable gebruik.

Geel hemp en palmtas van Spree

Swart-wit rok van Rage, neonbelt van Cotton On

Kleurblok-spykerhakke van Fashion Express

Gelukkige lente, almal!

- Wagheeba January

 WagheebaWagheeba January werk by Huisgenoot en blog vir ons oor mode. Gaan loer gerus ook op haar eie blog.

Lees ook Wagheeba se vorige blogs vir Huisgenoot:

Ontmoet Anisa Mpungwe

Kry Alexa se styl

Maak ’n stelling

Monochroom-koors

Beenaf op my Zaylin-stewels!