Monochroom mengsel

Jelena Ristic, meisie van die Wimbledon-naaswenner, Novak Djokovic,  het asemrowend gelyk in hierdie Oscar de la Renta-rok met V- en horisontale strepe. Sy lyk volmaak vir haar aand in die kollig en rond haar uitrusting met ’n Bottega Veneta-palmtas af. Die foto is geneem by ’n gala-liefdadigheidsaand ten bate van die Novak Djokovic-stigting in Londen.

[caption id="attachment_33228" align="aligncenter" width="640"] Monochroom V-nek-rok R250, Good Clothing by ons aanlynwinkel. [/caption]

Blinkertjie-sjiek

Die aktrise Sophie Evans het die première van The World’s End in Londen bygewoon. Sy het elegant gelyk in hierdie moulose silwer kralerok.

[caption id="attachment_33231" align="aligncenter" width="640"] Metaal-slooprok R480, Adam & Eve by ons aanlyn-winkel.[/caption]

Vroulik in blomme

Ek is DOL oor hierdie voorkoms! Die aktrise Emmy Rossum het lieflik gelyk in hierdie vloerlengte-patroonrok by vanjaar se Persol Magnificent Obsessions-geleentheid. Sy gee die uitrusting ’n bietjie kleur met die rooi belt en bypassende palmtas.

[caption id="attachment_33235" align="aligncenter" width="640"] Barokrok R750, Misha by ons aanlyn-winkel.[/caption]

- Jeani Tutt

Foto's: Elite photo Agency