Laat van die besgeklede vroue ter wêreld jou inspireer en kry die voorkoms met die druk van ’n knoppie. 

KLASSIEK-SJIEK

Die Poolse model Anja Rubik het die Apart-herdenkingsviering bygewoon in hierdie pragtige skepping uit Elie Saab se herfsreeks vir 2013. Sy lyk wonderlik in hierdie deurskynende vaal, versierde rok. Wel gedaan, Anja!

Kry jou vaal, versierde rok hier by SPREE.

BLOK JOUSELF

Die Revenge-aktrise Ashley Madekwa is omtrent ’n ambassadeur vir Topshop. Sy het die naweek ’n Topshop-viering by The Grove bygewoon. Ek is dol oor die bypassende blokkies – en natuurlik ook die geel McQueen-palmtas!

Kry jou tartanlangbroek hier by SPREE.

PATROONPRINSES

Die aktrise Camilla Belle het ’n A Quest for Beauty: The Art of Van Cleef and Arpels-geleentheid in hierdie rok uit Oscar de la Renta se lentereeks vir 2014 bygewoon. Ek is dol oor die seegroen rok met syborduursel. Sy lyk tog te mooi in die uitklokrok.

Kry jou uitklokrok hier by SPREE.

DEUR JEANI TUTT – Mode-assistent Huisgenoot & YOU