’n Aanlyn winkel met meer as 100 000 Instagram-volgers het die “harige-borskas-baaikostuum” bekendgestel, en mense is mal daaroor!

Die eenstuk, gedra deur ’n vroulike model, lyk nogal aardig. Volgens die aanlyn winkel Beloved Shirts is dit in alle groottes en velkleure te kry om te verseker jy kry ’n harige borskas wat in jou smaak val. Die swembroek het ook ’n harige agterkant.

Een resensie op die webtuiste lui: “My vriend was so opgewonde, hy het dit met olie ingevryf en die materiaal het niks oorgekom nie. Hoogs aanbeveel.”

Die harige kostuums is nie al wat die T-hemp-maatskappy bied nie; klante kan ook ’n swembroek koop wat lyk soos ’n skoongeskeerde, gespierde borskas. 

Make 'em say WTF ??FREE US shipping ????Link in bio

A post shared by Beloved Shirts (@belovedshirts) on

My Summer bod is ready See what all the fuss is about ??Link in bio

A post shared by Beloved Shirts (@belovedshirts) on

Of een wat soos die menslike anatomie lyk.

’n Nuwe neiging die modewêreld Foto: Belovedtshirts.com

Daar is selfs een wat jy kan koop as jy hou van bikini’s, maar te skaam is om dit te dra.

’n Nuwe neiging die modewêreld Foto: Belovedtshirts.com

Instagram-gebruikers is dol oor die ongewone uitrustings en het onder meer geskryf: “Ek het pas my nuwe baaikostuum gevind!”, en “Ek het een hiervan nodig vir ’n fotosessie! ??”

’n Nuwe neiging die modewêreld Foto: Belovedtshirts.com

Ongelukkig is dit nou winter hier in Suid-Afrika, maar sou jy hierdie kostuum na ’n swembadpartytjie dra? Sê jou sê op ons Facebook-blad.

Bronne: Mirror UK, Daily Mail, Beloved Swimsuits, Instagram