Dit was die toekenning-seisoen se deftigste aand en al die sterre het hul beste nommertjies vir heel laaste gehou!

Sommige het wel die pot mis gesit, maar Huisgenoot se mode-assistent Jeani Tutt kies die rokke waarvan jy moet weet en dié wat meer geskik is vir 'n kostuumpartytjie.

DIE BESTE KEUSES

1. Jennifer Lawrence

Die Joy-aktrise het asemrowend gelyk in ’n rok met wasige swart laag-op-laag rompdeel deur Dior Haute Couture. Die V-halslyn en korsetversiering pas haar lyf volmaak. Ek is dol oor haar haarstyl ook! 2. Charlize Theron

Looking back on the #Oscars, like… (: Matt Sayles/AP)

A photo posted by E! Online (@eonline) on

Ek is gaande oor die kleur aan haar! Charlize Theron lyk ongelooflik in rooi. Die Dior Haute Couture-rok met lae halslyn is vol in die kol. 3. Isla Fisher

Die aktrise van The Brothers Grimsby het lieflik gelyk in ’n vloeiende wit rok met ’n blompatroon en afskouer-halslyn.

4. Naomi Watts

Die Insurgent-aktrise het pragtig gelyk in ’n moulose saffierblou-en-pers Armani Prive-rok met Swarovski-kritalle in ’n sjevronpatroon geborduur.

5. Chloe Pirrie

Die Stutterer-aktrise was uitgevat in ’n pasgemaakte Karla Otto-rok. Sy het volmaak gelyk in die blou-en-goue rok met ’n Art Deco-patroon en vloeiende rompdeel.

DIE SWAKSTE KEUSES

1. Kate Winslet

Ek is dol oor Kate Winslet en sy het pragtige kurwes, maar die rok vlei nie haar liggaamsvorm nie. Kom ons hoop sy kies volgende keer reg!

2. Amy Poehler

Amy, dit is die Oscars; nie ’n kostuumpartytjie nie! Die geborduurde blomme-kimonorok met kapmoue steek haar figuur weg is nie iets wat jy na die Oscars toe dra nie. 3. Heidi Klum

#Oscars

A photo posted by The Academy (@theacademy) on

Oscars 2016 @marchesafashion

A photo posted by Heidi Klum (@heidiklum) on

Die rok is eenvoudig aaklig! Heidi Klum het die volmaakte lyf en kan enigiets dra . . . behalwe hierdie skepping!

4. Whoopi Goldberg

Hier is te veel aan die gang. Sy lyk baie ongemaklik. Ek hou glad nie van die voorkoms nie.

5. Lady Gaga

’n Wit gestruktureerde katpak by die Oscars? Beslis nie my gunsteling nie.

Ander stories op Huisgenoot.com:

Leonardo DiCaprio se Oscar-droom word uiteindelik waar

10 skreeusnaakse reaksies op Leo se Oscar-glorie

Verbygaande verpleegster red man ná weerlig hom tref

Sewe kere toe Taylor Swift gewys het wat in haar steek