Met hierdie toetse sal jou skoonheidswêreld nooit weer dieselfde wees nie. Dit lyk dalk onbenullig, maar ons waarborg dit sal jou help om op jou mooiste te lyk. Doen enigeen van die drie toetse hieronder en jy sal nooit weer ’n slagoffer van onvleiende grimering wees nie.

1.    Die bloedvatetoets

Om die binnekant van jou gewrig te gebruik is een van die akkuraatste maniere om jou velskakering te bepaal. Mense met koel velondertone se bloedvate sal blou/pers lyk en diegene met warm ondertone se bloedvate sal groen lyk. Om dit te identifiseer sal nogal moeilik wees as jy neutrale ondertone het.

2.    Gebruik jou juweliersware

Hou silwer of goue juweliersware teen jou vel en kyk wat die beste lyk (wees baie krities). As die silwer die beste werk val jy in die reeks van koel ondertone en as die goud jou vlei, val jy in die spektrum van warm ondertone. As albei goed lyk, is jou ondertone neutraal.

3.    Spieëltoets

Staan in ’n goedverligte kamer in wit klere met jou hare bedek voor ’n spieël. Bedek al die oppervlaktes en meubels om jou met wit (dis makliker in die badkamer). Die wit omgewing sal die kleur onder jou vel wys. As jy blou sien, het jy koel ondertone, geel beteken warm ondertone en groen beteken jou vel het neutrale ondertone.

Lerato SeuoeDeur Lerato Seuoe – Huisgenoot, YOU en Drum se skoonheidsredakteur