Katharine McPhee, die Smash-aktrise, het sprankelend in hierdie skepping uit Georges Habeika se 2013-lenteversameling gelyk. Die moulose toppie met geborduurde blomme en silwer en pink pêrels is so pragtig!

2013 Primetime Creative Arts Emmy Awards

Die Mad Men-aktrise January Jones het pragtig gelyk in hierdie rooskleurige, skouerlose Givenchy-rok met kantblomme op die romp. Sy lyk asemrowend.

65th Annual Primetime Emmy Awards Arrivals

Claire Danes het die prys vir beste aktrise in ’n drama vir haar rol in Homeland gewen. Sy lyk verruklik in hierdie fyn ruglose rok met ’n lae halslyn. Dis ’n skepping van Armani Prive.

The 65th Annual Primetime Emmy Awards, Arrivals, Los Angeles, America - 22 Sep 2013

Deur JEANI TUTT

Modeassistent: Huisgenoot & YOU

Foto’s: Elite Photo Agency

Kry jou uitrusting by Spree:

mode1

Pink midi-kantrok

mode3

Belt met goue detail

mode5

Hoëhakskoene met stud-detail

mode2

Vierkantige kristaloorbelle

mode4

Neutrale valskrokodilleer-handsak