Huisgenootleser:

Ek is kort (1,5 m), mollig en iets in die 30. Hoe moet ek aantrek om my onooglike boepmagie en swaar bobene te verbloem? Ek wys nie graag veel van ’n borsgleuf of my boarms nie. Hoe kan ek modieus lyk sonder dat ek outyds lyk?

Chu sê:

’n Donker langbroek wat nouer raak by die enkels en goed pas, sal jou bene langer laat lyk. Kies skoene met ’n effense of hoë hak daarby. En dra tops wat voor korter as agter gesny is (die winkels is nou vol van hulle), want hulle sal jou bene wys en jou boepmagie wegsteek. Jy hoef geen borsgleuf te wys nie. ’n Boothalstop met ’n lang kettinghalssnoer sal jou nek langer laat lyk en die oë teen jou lyf aftrek.

* Chu is Huisgenoot en YOU se Mode Direkteur.

Besoek ons aanlyn-modewinkel en koop klere en mode-bykomstighede - KLIK HIER.