Ford Figo 1,4 Ambiente

Die Figo, wat onlangs ’n bietjie opgekikker is, is ’n wenresep; dit is goed gebou, ruim en het talle standaardkenmerke. Die motor val ook goed op die oog en binne voel alles goed aanmekaargesit. Al is die Figo die goedkoopste van die drie mededingers, sluit sy prys onder meer ’n radio/CD-speler, sentrale sluitstelsel, lugversorging, twee lugsakke en ABS-remme in. Die Figo is stewig op die pad, baie lig op petrol en het die grootste bagasieruim van die drie.

  • PRYS R123 500
  • ENJIN 1,4 L-viersilinderpetrol; 62 kW, 127 Nm
  • VERRIGTING 0-100 km/h in 13,1 sek., topspoed 169 km/h; 5,5 L/100 km
  • LUGVERKOELING Standaard
  • ABS-REMME Standaard
  • KLANKSTELSEL Radio met CD-speler
  • LUGSAKKE Twee voor
  • BAGASIERUIM 284 L

BestBuy_EtiosToyota Etios 1,5 XS

Die Etios is Toyota se vegter in die intreevlaksegment, en soos ’n mens van hierdie vervaardiger verwag, behoort hy betroubaar te wees en jare se goeie diens te lewer. Sy vaal voorkoms tel net teen hom. Sy kenmerke is byna dieselfde as die Ford Figo s’n, maar die rit is nie heeltemal so bevredigend nie. Al is die Etios se enjin effens groter en sterker as dié van die ander twee mededingers, is die brandstofverbruik verrassend goed. Dit is ’n goeie kopie en net ’n kortkop agter die Figo.

  • PRYS R126 800
  • ENJIN 1,5 L-viersilinderpetrol; 66 kW, 132 Nm
  • VERRIGTING 0-100 km/h in 11,3 sek., topspoed 165 km/h; 6,0 L/100 km
  • LUGVERKOELING Standaard
  • ABS-REMME Standaard
  • KLANKSTELSEL Radio met CD-speler
  • LUGSAKKE Twee voor
  • BAGASIERUIM 251

BestBuy_PoloVW Polo 1,4 

Die Polo Vivo is een van die gewildste voertuie, veral danksy die prestige van die Volkswagen-handelsmerk en gepaardgaande vertroue. Tog is dié motor nie die beste kopie in sy klas nie.

Op die oog af is sy prys mededingend, maar die Polo Vivo se standaardkenmerke is baie beperk en sy petrolverbruik effens hoër as die Figo en Etios s’n. Sy voorkoms en stewige bougehalte tel wel in sy guns.

  • PRYS R124 600
  • ENJIN 1,4 L-viersilinderpetrol; 55 kW, 132 Nm
  • VERRIGTING 0-100 km/h in 12,9 sek., topspoed 171 km/h; 6,2 L/100 km
  • LUGVERKOELING Standaard
  • ABS-REMME Opsioneel
  • KLANKSTELSEL Opsioneel
  • LUGSAKKE Twee voor
  • BAGASIERUIM 270 L