NATUURLIKE GLANS

Zoe Saldanha

Die aktrise Zoe Saldanha het die 7th Annual Hamilton Behind the Camera-pryse in hierdie mooi skepping uit Monique Lhuillier se Lente 2014-reeks bygewoon. Sy lyk pragtig in hierdie neutrale moulose top en kuitlengteromp met borduursel. 1811 fashion brokkie image 2Kry jou neutrale voorkoms hier by SPREE.   KLEURVOL GEBLOM

Nicole Richie

Die ma en modeontwerper Nicole Richie lyk al te fraai in haar uitrusting. Sy het hierdie skepping uit Alberta Ferretti se Lente 2014-reeks na die tweede Annual Baby2Baby Gala gedra. Ek is mal oor die blomversierde kort toppie en hoëlyfromp.

Nicole Richie Spree Kry jou voorkoms hier by SPREE. Klik hier vir die blomversierde kort toppie by SPREE. ROMANTIES MOOI

Blake Lively

Die aktrise Blake Lively het die oog gevang in hierdie Oscar de la Renta-skepping uit hul Lente 2014-reeks. Sy lyk so vroulik en mooi in hierdie wit syrok met blompatrone. Gek na die klokvormige opwipromp!

1811 fashion brokkie image 7Kry jou romantiese rok hier by SPREE.

Deur Jeani Tutt – mode-assistent Huisgenoot & YOU