Ons Kapenaars is gaande oor markte. Die afgelope naweek het ek die bekende City Bowl Fashion Market beleef en ek is dol daaroor. Dié mark word nou die nuwe plek om mode-inkopies te doen en sal ook die nuwe uithangplek in Kaapstad vir kunstenaars en ontwerpers van oral in die Wes-Kaap word.

As jy dol is oor die mode, antieksjiek items, bykomstighede, juweliersware, houtwerk, dekor en vele meer moet jy nie hierdie geleentheid misloop nie. Meer as 30 ontwerpers kom by Hoopstraat 14 bymekaar vir dié mark. Ek belowe jou, jy sal nie teleurgestel word nie.

Kyk na For Old Time Sake op Facebook

Vir wonderlike stukke waaroor jy gaande sal wees!

wag0

wag1

Jy kan dié winter knus bly met alles van patroontruie tot vierkantige baadjies met monochroom patrone.

wag2  

Gaan kyk na Vintage Lover op Facebook vir baie goeie tweedehandse en nuwe kopies.

Die eienaar bekom antieksjiek klere, handsakke en selfs bykomstighede en verkoop dit dan deur die Facebook-blad Vintage Lover aan haar lojale aanhangers. Sy werk op ’n lewer-eerste-kommentaar-en-dis-joune-grondslag. Ek gaan binnekort my eerste kopie maak. Jippie!

wag3

wag4

Ontdek antieksjiek-geïnspireerde juweliersware.

wag5

wag6

Teken dié datum aan: Die volgende Fashion Market is op 29 Junie. Gaan ervaar dit self.

Gaan kyk na my persoonlike blog, http://inspirationalmeblog.wordpress.com/.

WJ