Die aktrise Alexandra Daddario (28) deel skoonheidsgeheime en ons gaan dit beslis beproef

Haar beste skoonheidstruuk: Behalwe olyfolie, dink ek die belangrikste is dat jy genoeg moet slaap. En as jy in ’n kits wil goed voel, oefen, bevog en dra ’n room met SBF. Begin van jongs af. Kry ’n vogroom met ’n sonskerm en begin gebruik dit as tiener. Jy sal lewenslank ’n pragtige vel hê.

Haar eerste parfuum: My ma het een jaar vir my Chanel No 5 as Kersgeskenk gegee. Ek dink ek was 13. Dis die klassiekste parfuum en was beslis die opwindendste geskenk vir ’n jong meisie. Ek dink ek het nog die bottel.

Bron: popsugar.com