A photo posted by Karlien (@karlienvanjaarsveld) on

Haar geheim tot ’n spoggerige klerekas? ’n Stilis!

Donna Kennedy-Meyer, al sedert 2004 ’n stylkonsultant, is verantwoordelik vir Karlien se nuwe klerekas en modieuse uitrustings. Karlien spog omtrent op sosiale media oor Donna se talent en raai almal aan om haar ook in te span om hul klerekas te red.

Op haar beurt sê Donna sy leer Karlien nog baie oor stilering en wat werk en nie werk nie.

En dit wil voorkom of Karlien omtrent haar nuwe klerekas geniet! In die foto hierbo dra sy ’n modieuse wit polonek-trui, lang romp en ’n belt om haar middel. Sy rond haar uitrusting ook mooi af met ’n maroen hoed en spoggerige halssnoer.

Lees ook: ‘Gryp asseblief in, Here!’ – Karlien van Jaarsveld bid dat Zuma moet bedank

Die volgende dag kon jy die Geskeurde Jeans-sanger weer deur ’n ring trek in haar ligte-maroen hemp half ingesteek by haar swart noupyp-jeans met ’n bypassende handsak oor haar skouer.

[caption id="attachment_124012" align="alignnone" width="600"]Foto: Facebook Foto: Facebook[/caption]

Karlien kan nie genoeg oor Donna se handewerk spog nie. “Ek’t nog nooit soveel komplimente gekry nie! Jy’s een amazing stylist!!!” het sy op Facebook laat hoor. “Stunning, ek leer beslis ook ’n ding of twee,” was een van Karlien se aanhangers se kommentaar.

Karlien en Donna het op ’n onwaarskynlike manier ontmoet. Albei het op dieselfde landgoed gewoon toe Karlien en die oud-bok Derick Hougaard nog getroud was.

Donna vertel aan Huisgenoot sy het met net een skoen aan met haar kinders gespeel, toe Karlien by haar oprit inry en vir haar vra om haar met haar klerekas te help. “Karlien moes iewers van my werk gehoor het,” meen Donna.

Lees ook: Kyk net Mamma se liefling! Bekendes deel kostelike kiekies van hul oulike spruite

Sedertdien help Donna vir Karlien uittof. En van wat ons op Facebook en Instagram sien, deel dié twee nie net dieselfde modesin nie, hulle is ook hegte vriendinne.

“Jy's ’n lief en ek’t nog ’n beautiful vriendin gevind... jou down-to-earth en humble spirit maak jou net NOG mooier vir my!!” het Donna op Instagram geskryf.

Donna is getroud met die oud-rugbyspeler, Wim Meyer. Die gesin trek binnekort Stellenbosch toe waar sy haar besigheid in stilering, hare en grimering in die Moederstad gaan voortsit.

Ander stories op Huisgenoot.com:

Hoe weet jy of jou kind dalk ’n bril moet dra?

‘Mag al jou drome waar word’ – Angelique Gerber vier haar sexy aanstaande se mylpaalverjaardag in ware Springbok-gees

Kyk: Sy’s die koningin van selfdoen-video’s, maar wat gebeur as SuzelleDIY iemand se hart probeer wen?

Kyk waar bevind die mooie Armand Aucamp hom op sy wêreldreis!

Geliefde sangeres deel eerste kiekies van pasgebore kleinding