• Reinig jou gesig en halslyn, verfris en bevog. Wend spaarsamig onderlaag aan en smeer in met ’n spons wat nie lateks bevat nie. Moenie vergeet om dit op jou ooglede en onder jou oë aan te wend nie. Die onderlaag maak jou vel gereed vir jou ooggrimering.
  • Gebruik ’n verbloemstiffie om enige oorblywende merkies en donker skaduwees weg te tower.
  • Tik deursigtige poeier met ’n groot, sagte poeierkwas aan jou gesig en nek.
  • Beklemtoon jou ooglid onder die wenkbrou en die binnekante van jou ooghoeke met ’n oogskadu wat effens blink.
  • Vul jou wenkbroue in met ’n wenkbroupotlood in ’n kleur wat ’n skakering ligter as jou haarkleur is. Volg die rigting waarin die hare groei en doen dit met ligte, veeragtige bewegings.
  • Om die oog te beklemtoon, omlyn jou boonste wimperlyn met vloeibare oogomlyner.
  • Wend ’n paar lae maskara van jou keuse aan jou wimpers om hulle welig te laat lyk.
  • Smeer ’n brons blosser aan die appel van jou wange.
  • Vir kleur wat hou, wend ’n produk aan wat die lippe vlek voordat jy jou gunsteling-glansstiffie of -lipstiffie aanwend.

Deur Lerato Seuoe

Skoonheidsredakteur: Huisgenoot, YOU & Drum