1. NATUURLIK Vir natuurlike krulle of golwe wat jy net so kan laat droog word, gebruik sjampoe en ’n opknapper saam met ’n vogryke produk. Wend silikoon of serum aan die   nat hare van die middel tot die punte. Dit sal ’n basis vorm om kroeserigheid te voorkom. Spuit mousse in jou hande, vryf dit in jou hare en los dit om net so droog te raak,” sê Dima Tsobanopulos van D&D Hair in Kaapstad.

2. GEBRUIK OPKNAPPER

“Gebruik ’n inblyopknapper nadat jy dit gewas het,” sê Frank Fowden van Frank Fowden Hair in Kaapstad.

3. BEHANDEL DIT een keer per week met ’n masker, sê Tracy Smith, haarstilis en nasionale opleier vir Davines in Johannesburg.

4. DIE REGTE SNIT Knip eerder jou hare in lae as om dit in een lengte te dra dit sal keer dat jou hare soos ’n rietdak lyk: plat bo en baie volume onder, sê Tracy.

5. GEBRUIK SILIKOON “As jy krulhare het, is dit jou beste vriend”, sê Tracy.

6. HOE MEER, HOE BETER “Verskeie produkte wat in lae aangewend word, werk goed vir krulhare. Krulhare hou daarvan om getem te word met verskeie produkte, soos inbly-opknappers, bevogtigende sproei, serums, stileerrome, haarwaks en ’n afrondingsproei,” sê Dima.

7. RAAK ONTSLAE VAN JOU BORSEL “Jou hare raak wollerig as jy dit borsel; gebruik ’n wyetandkam,” sê Tracy.

8. GEE DEFINISIE Gebruik ’n room wat krulle definisie gee om hulle mooi te hou. ‘Gee jou hare tyd om te rus en dra dit soms natuurlik uit-