Een van die opwindendste dinge van die Kerstyd is om jou huis te versier. Tradisionele rooi en groen versierings is die meeste mense se klassieke keuse. Maar as jy iets nuuts wil probeer en iets wat miskien ook meer in jou persoonlike smaak en dekorstyl val, het ons inspirasie.

Strandsjiek

[caption id="attachment_61835" align="aligncenter" width="600"]Strandsjiek (Herspeld uit Carla Manuel Gomes en ioLA)[/caption]

Ons hier in die Suidelike Halfrond beleef ’n ander soort Kersfees as wat ons in die meeste flieks sien, waar dit ’n tyd van sneeu en warmsjokolade is. Al is ’n “tradisionele” wit Kersfees ook hoe feestelik, het ons die voordeel van ’n pragtige sonnige vakansietyd in Suid-Afrika, met kuiers op die strand en skemerkelkies op soel someraande.

Pleks van sneeuvlokkies en glasballe, waarom skep ons nie ’n seewonderwêreld met seesterre en skulpe nie?  Wit is steeds die perfekte agtergrond vir hierdie tema, geïnspireer deur strande, pleks van sneeubedekte velde.

Papier en blik

[caption id="attachment_61836" align="aligncenter" width="600"](Herspeld uit ioLA en Visit stylizimoblog.com) (Herspeld uit ioLA en Visit stylizimoblog.com)[/caption]

Nog ’n manier om ’n moderne voorkoms aan jou binneversiering te verleen, is om eenvoudige versierings van papier en blik te gebruik.  Yslike papierballe en lanterns verleen ’n pragtige sagte voorkoms en is maklik om later te berg of herwin. Items van wit blik, soos teekersiehouers en hangligte, is ongelooflik veelsydig aangesien hulle heeljaar gebruik kan word. Deur items te gebruik wat reeds deel van jou binneversiering is, kan jy jou persoonlike styl toon en terselfdertyd geld bespaar.

Alles is blou

[caption id="attachment_61837" align="aligncenter" width="600"](Herspeld uit Visit 2.bp.blogspot.com en Visit modernchicinspired.blogspot.com) (Herspeld uit Visit 2.bp.blogspot.com en Visit modernchicinspired.blogspot.com)[/caption]

Nog ’n gewilde kleurskema is die samevoeging van wit en skakerings van blou en silwer. Dis ’n goeie keuse vir ’n vars somervoorkoms. Dink aan vars wit linne en metaalblou balle, saam met silwer tafelware en kandelare vir ’n meer gesofistikeerde voorkoms. Kombineer hout en hemelblou items vir ’n meer informele voorkoms.

Swart en wit

[caption id="attachment_61838" align="aligncenter" width="600"](Herspeld uit Visit flickr.com en Visit formelledesign.com) (Herspeld uit Visit flickr.com en Visit formelledesign.com)[/caption]

Vir ’n voorkoms wat tegelyk modern en tydloos is, kan jy hou by wit en swart. Hierdie treffende tema is ook baie maklik om te skep en om met ’n klein verandering vir ander geleenthede te gebruik.  ’n Paar idees is: swart gespuitverfde dennebolle in mooi wit keramiekbakke; ’n kraleversierde hart wat teen die muur hang pleks van ’n tradisionele groen krans; wit kerse in swart kandelare. Metaalkleure kan ’n tikkie glans aan die skema verleen.

Spatsels kleur

[caption id="attachment_61839" align="aligncenter" width="600"](Herspeld uit Visit adorable-home.com en Visit adorable-home.com) (Herspeld uit Visit adorable-home.com en Visit adorable-home.com)[/caption]

Om ’n vars, moderne voorkoms te skep hou by ’n meestal wit tema, met spatsels helder kleur, soos persrooi en turkoois. Jy kan ook items uit jou huis wit spuitverf of takke en dennebolle wat jy opgetel het. ’n Wit bokkop teen die muur, in ’n verskeidenheid materiale soos karton en keramiek, is ’n goeie hangplek vir kleurryke versierings en balle. Vir ’n plaaslike voorkoms, gebruik ’n springbokkop pleks van ’n takbok.

Hout vir bome

[caption id="attachment_61840" align="aligncenter" width="600"](Herspeld uit Visit christmaholic.nl en Michele Bettger) (Herspeld uit Visit christmaholic.nl en Michele Bettger)[/caption]

Dennenaalde ruik heerlik, maar kan baie mors. Plastiese bome kan weer sonder persoonlikheid wees. Kies dus liewer ’n natuurlike materiaal met ’n moderne of outydse voorkoms, soos ’n eenvoudige geometriese houtboom met rakke. Dit bespaar vloerruimte en het plek vir interessante ornamentrangskikkings. Vir ’n meer natuurlike of strandtema is ’n boom van dryfhout nommerpas.

Versierde takke

[caption id="attachment_61841" align="aligncenter" width="600"](Herspeld uit Visit designbuzz.it en Visit blog.poetrycollection.co.za) (Herspeld uit Visit designbuzz.it en Visit blog.poetrycollection.co.za)[/caption]

Vir ’n unieke voorkoms en om vloerruimte te bespaar kyk boontoe. Hang takke aan vislyn bo jou tafel vir ’n versiering wat sweef. Dit kan versier word om by jou kleurskema te pas. Spuitverf die tak goud of silwer vir ’n dramatiese voorkoms.

Liggies wat skitter

[caption id="attachment_61842" align="aligncenter" width="600"](Herspeld uit Visit pinterest.com en Visit xeniya-amber.livejournal.com) (Herspeld uit Visit pinterest.com en Visit xeniya-amber.livejournal.com)[/caption]

Kersliggies hoef nie kleurryk te wees om raakgesien te word nie. Sagte wit en geel feetjieligte verleen sjarme aan enige plek buite en kan ook gebruik word as tafelversiering. Kombineer met lanterns van hout of metaal om sagte beligting te skep.

Onthou die feestyd is ’n tyd van samesyn; versier jou woonplek saam met jou geliefdes. Geniet die vakansie!

Janel NelDeur Janel Nell: http://www.interiorcreators.com/

Interior Creators bied ’n gespesialiseerde, aanlyn binneversierdiens vir huise asook kantoor-/winkelruimte, met die klem op die selfdoen- en selfkooptendens. Interior Creators bied ook toegang tot produkte en diensverskaffers wat kliënte in staat sal stel om te voldoen aan hul ontwerpbehoeftes wat meubels – oud, nuut en opgeknap – betref.