Het jy ’n versameling foto’s, skilderye of spieëls wat jy teen die muur wil rangskik maar jy weet nie waar om te begin nie? Laat jou deur ons Pinterest-blogger inspireer

IN DIE geordende deel van my denke verstaan ek die dekorbeginsel van minder is meer. Maar ek kon dit nog nooit deel van my leefstyl maak nie, want ek hou van versamelings goed – en dit geld net soveel vir foto’s in ’n groep as vir enigiets anders (insluitende, soos my gesin jou sal vertel, die hoop klere aan die voetenent van my bed).

Vandeesweek het ek hierdie wonderlike idees vir die saamgroepering van prente en spieëls op Pinterest gevind.

1 Magiese monochroom

[caption id="attachment_49110" align="aligncenter" width="300"]Foto: arkpad.com.br Foto: arkpad.com.br[/caption]

Swart-en-wit foto’s in dun swart rame kry ’n tikkie glans met twee goudgeraamde afdrukke. Kits-elegansie.

2 Stamboom

[caption id="attachment_49106" align="aligncenter" width="300"]Foto: snapfish.com Foto: snapfish.com[/caption]

Wat ’n pragtige kombinasie van muurkuns en foto’s van elke vertakking van die familie! Verf jou eie ontwerp as jy handig is met ’n kwas, of koop ’n kitsklaar vinielontwerp.

3 Speelgroepie

[caption id="attachment_49111" align="aligncenter" width="300"]foto: thehuntedinterior.blogspot.com Foto: thehuntedinterior.blogspot.com[/caption]

Omring jou baba van dag een af met mooi goed. Nie net is hierdie prent-rangskikking pragtig nie – kyk ook hoe oulik is die houtkiste wat met bordkrytverf geverf en in die boekrak gebêre word.

4 ’n Plekkie in die geskiedenis

[caption id="attachment_49107" align="aligncenter" width="300"]Foto:apartmenttherapy.com Foto: apartmenttherapy.com[/caption]

Ons het ’n familiegrappie oor voorvaders wat opgehang is – ’n taamlike streng en eerbiedwaardige groepie in sepia wat stoer van ken en onwrikbaar van blik is. Hulle sal nogal heeltemal aantreklik lyk in so ’n uitstalling, met die gedempte kleure en outydse rame wat pragtig  teen die donker muur en meubels pas.

5 Plak dit neer

[caption id="attachment_49112" align="aligncenter" width="562"]Links:habituallychic.blogspot.com. Regs: lovelyclusters.tumblr.com Links:habituallychic.blogspot.com. Regs: lovelyclusters.tumblr.com[/caption]

Ek het ’n berugte dronk oog en moet dus my prente teen die muur gedurig regskuif. As jy dieselfde probleem het, is hier die perfekte oplossing: rakke vir jou uitstalling. Of jy nou hou van meer siele en meer vreugde (links), of die meer simmetriese styl regs, beproef gerus dié plan. ’n Dun plankie teen die rand van die rak sal voorkom dat die rame afglip.

6 Klamp dit vas

[caption id="attachment_49105" align="aligncenter" width="300"]Foto:bodieandfou.blogspot.co.za Foto: bodieandfou.blogspot.co.za[/caption]

Ek is gek oor dié idee: twee rye knyperborde waarop interessante en inspirerende dinge uitgestal word. Wat ’n slim manier om met jou kind se jongste meesterstukke te spog.

7 Pasmaats

[caption id="attachment_49104" align="aligncenter" width="300"]Foto: smallplacestyle.blogspot.com  Foto: smallplacestyle.blogspot.com[/caption]

’n Grootskerm-TV kan baie muurruimte in ’n klein vertrek in beslag neem. Hierdie rangskikking maak slim gebruik van die beskikbare stuk muur met ’n houtkonsole, mandjies vir berging en ’n ry identies geraamde prente wat by die ander aardse kleure inskakel.

8 Spieëltjie, spieëltjie aan die wand

[caption id="attachment_49109" align="aligncenter" width="469"]Foto links: nursingschools.cc. Foto regs: tumblr.com Links: nursingschools.cc. Regs: tumblr.com[/caption] Groeperings werk net so goed vir spieëls as vir prente en eersgenoemde het die bykomende voordeel dat hulle jou baie lig en ’n gevoel van vrede gee. WENK

Soms is dit ’n gesukkel om jou prent-versameling netjies en korrek gespasieer te hang. Hier is ’n slim manier om dit reg te kry.

[caption id="attachment_49113" align="aligncenter" width="250"]Foto: forevercottage.blogspot.com Foto: forevercottage.blogspot.com[/caption]

Teken die grootte van elke raam op bruinpapier af, sit die velle met wondergom of maskeerband teen die muur vas en skuif dit rond tot dit vir jou reg lyk. Hang dan die prente op en verwyder die papier wanneer jy klaar is. Geniaal.

- Alfie Steyn

Kyk na Alfie se ander Pinterest-gunstelinge by:

6 pragtig gedekte tafels

10 planne met ou kaarte

5 planne met ou koffers

5 idees vir werkhoekies

Hoe lyk dit met cilantro? Of arugula?

Vyf blink planne op Pinterest: trosligte

Inspirasie van Pinterest vir ’n gesonder jy

Volg Huisgenoot op Pinterest