1 Losstaande kuierplek

[caption id="attachment_51329" align="alignnone" width="300"]Aangespeld van stylemotivation.com Aangespeld van stylemotivation.com[/caption]

Daar’s geen rede waarom ’n stoep aan jou huis vas moet wees nie. Rig ’n pergola op met ’n dek en latwerk en skep ’n buitelugkamer met flair.

2 Styl en elegansie

[caption id="attachment_51324" align="alignnone" width="300"]Aangespeld van gardenbuilders.co.uk Aangespeld van gardenbuilders.co.uk[/caption]

Dié ultramoderne stoep met sy ingeboude plantbakke vol gesnoeide heinings het ’n Britse ontwerpprys losgeslaan. Die sterk lyne, beklemtoon deur die kombinasie van houtbedekking en teëls, word versag deur agtergrondbeddings so vol plante dat dit lyk of hulle die toneel wil binneval. Dis ’n wonderlike idee vir ’n kompakte tuin in ’n meenthuiskompleks.

3 Voer my weg na Toskane

[caption id="attachment_51331" align="alignnone" width="300"]Aangespeld van bhg.com Aangespeld van bhg.com[/caption]

Dié binnehoffie is dalk piepklein, maar dit loop oor van sjarme en romanse. ’n Muurfontein, muurblakers en stampvol blompotte skep die agtergrond. Voeg nou net twee glase rooiwyn en ’n bord antipasto by en jy kan jou verbeel jy’s in Italië.

4 Sonhoekie

[caption id="attachment_51325" align="alignnone" width="300"]Oorgespeld via Charise Lewis Oorgespeld via Charise Lewis[/caption]

Wat ’n slim klein hoekie. Daar’s ’n paar baie goeie idees hier: die ingeboude banke, die wit skadulap en ’n spieël wat die heerlikheid van die tuin weerkaats.

5 Aanvallige rondinge

[caption id="attachment_51328" align="alignnone" width="400"]Aangespeld van greenlines.canberra.homeone.com.au Aangespeld van greenlines.canberra.homeone.com.au[/caption]

Hierdie maklike ontwerp sal veral goed werk in ’n vakansiehuis waar daar nie altyd iemand is wat die dors tuinplante kan versorg nie. Goeie gebruik van vorm en tekstuur laat dit baie aantreklik lyk.

6 Tweevlakkige luukse

[caption id="attachment_51330" align="alignnone" width="300"]Aangespeld van elmueble.com Aangespeld van elmueble.com[/caption]

Ek is mal oor alles in hierdie terrastuin: die rottangstoele op die boonste vlak, die gebruik van hout vir die trappe en meubels op die onderste stoep, die rankplant wat die agtergrond van die sitbank vorm, die potplante – en die gevoel dat ek regtig goed op ’n plek soos dié sal kan lewe.

7 Dekblad

[caption id="attachment_51326" align="alignnone" width="300"]Foto: Charmaine Mathibela Foto: Charmaine Mathibela[/caption] Voeg ekstra leefruimte by jou huis met ’n dek en lieflike dubbeldeure van glas wat maklike toegang na buite gee. In Huisgenoot van 12 September is daar ’n uitstekende gids oor die reekse dekmateriale en deure wat in Suid-Afrika beskikbaar is. Moet dit nie misloop nie! HET JY ’N MOOI STOEP OF BINNEHOF? Stuur vir my ’n foto by asteyn@media24.com; ek sal dit graag vir ons aanlyngemeenskap wil wys.

– Alfie Steyn

Volg Huisgenoot op Pinterest

Kyk na Alfie se ander Pinterest-gunstelinge by:

10 dinge wat jy met Washi-lint kan doen

12 maniere om vetplante uit te stal

8 idees vir jou eie prentegalery

6 pragtig gedekte tafels

10 planne met ou kaarte

5 planne met ou koffers

5 idees vir werkhoekies

Hoe lyk dit met cilantro? Of arugula?

5 blink planne op Pinterest: trosligte

Inspirasie van Pinterest vir ’n gesonder jy