Ons blogger smag na ’n handwerkkamer van haar eie. Hier is haar uithaler-idees uit Pinterest.

Main

DIE skrywer Virginia Wolf het gesê ’n vrou moet ’n kamer van haar eie hê as sy wil skryf.  Ek het weer die behoefte aan ’n handwerkkamer. ’n Plek waar ek al daardie wol kan bêre wat wag om truie, serpe of oorgooi-komberse te word, wat ’n tuiste kan wees vir die stukke lap wat ek nie in die winkel kon weerstaan nie, en met genoeg laaie en rakke vir alles wat ’n mens nodig het as jy mooi dinge wil maak: versierings, knope, kant, geskenkpapier, bloemistedraad. Die hooffoto (BO) van ’n omgeboude solder, is ’n perfekte voorbeeld. Dit het oorspronklik op http://www.leafytreetopspot.blogspot.com verskyn.

Dit lyk of ek baie geselskap op Pinterest het, want daar is 'n swetterjoel plasings wat op werkkamers fokus. Party van dié kamers is vreeslik deftig.

Grand rooms

LINKS BO: Alles wat jou hart kan begeer  – bergplek, werkruimte, snytafel  – in ’n groot, lugtige kamer. Dit was oorspronklik op http://www.sewmanyways.blogspot.com/.

REGS BO: Hope bêreplek, oorgenoeg werkoppervlaktes – en die heel lekkerste: rakke vir jou gunsteling-foto's en ’n vassteekbord vir allerhande goeters. Dis oorspronklik op http://www.onelittleword.typepad.com/ geplaas.

As jy egter nie die plek of begroting vir die hele gedoente het nie, is hier vyf oulike idees vir handwerkhoekies wat ek vandeesweek op Pinterest gekry het.

1 Pak dit in ’n kas

1 Cupboard

LINKS BO: ’n Ingeboude dubbelkas kry ’n bolig, rakke, pennetjiesbord, ’n werkoppervlak en onderrakbêremandjies om dit in 'n oulike werkplekkie om te skep. Dit het oorspronklik op http://www.beneathmyheart.net/ verskyn.

REGS BO: ’n Plek vir alles, en alles op hul plek. Melinda Brown het dit aanvanklik op Pinterest geplaas.

2 Klap dit op

Fold it away

Die onderkant van die tafelblad het ’n foto op en die poot word die raam as jy die tafel opklap. Slim. Dis oorspronklik op http://www.homestoriesatoz.com/ geplaas.

3 Raklewe

3 Shelves

LINKS BO: Jy kan dit op die gewone manier doen. Dis oorspronklik op http://www.cherrystreetcottage.blogspot.com/   geplaas.

REGS BO: Of as jy die sente tel, kies tuisgemaakte rakke. Melinda Brown het dit aanvanklik op Pinterest geplaas.

4 Hang dit op

Hang it

LINKS BO:Ek is mal oor hierdie oorspronklike manier van linte bêre. Dit het oorspronklik op http://www.twopeasinabucket.com/ verskyn.

REGS BO: ’n Multihanger met meer as een ry hou linte netjies. Oulik. Dit was oorspronklik op http://www.creatingkeepsakesblog.com/ .

5 Herwin

Repurpose

Kratte, drukkerskissies, konfytbottels, koffieblikke – as jy vandag spaar sal jy more hê. Die foto links was oorspronklik op http://gbumr.tumblr.com/; die een regs op http://gracieswainson.tumblr.com/ .)

– Alfie Steyn

Kyk na Alfie se ander Pinterest-gunstelinge by:

Hoe lyk dit met cilantro? Of arugula?

Vyf blink planne op Pinterest

Inspirasie van Pinterest vir ’n gesonder jy

Volg Huisgenoot op Pinterest