Die spa-terapeut Kim Peters van The Wellness Warehouse deel haar gunsteling-apps met ons. Gaan kyk ’n bietjie!  1 Naam van app Organic Skin Care

unnamed

Oor ’n Reeks waardevolle velsorgwenke en -kunsies Te kry vir Android Kim sê Hierdie toepassing bring al die inligting oor velsorg, produkte en grimering op een plek bymekaar. Dit fokus veral op natuurlike oplossings. Die app help my onder meer met natuurlike en persoonlike velsorg en wenke. Prys Gratis 2 Naam van app Beauty Tips 200+

IconImage_20121215120431972_NEW_WEB_SHOT4_HALF

Oor Dit verskaf natuurlike skoonheidswenke vir die vel, hare, grimering en naelsorg. Dit fokus ook op voedingsraad om jou jeugdiger te help lyk – om die waarheid te sê, dit het raad oor die beste kos vir omtrent elke velprobleem onder die son. Te kry vir Android Kim sê Ek hou veral van die raad vir voeding wat ’n mens se vel op verskeie maniere kan bevoordeel. Prys Gratis 3 Naam van app Reflexology Music Radio

mzl_abxltqki_320x480-75

Oor Dis ’n radiostasie met stasies van oor die wêreld heen wat strelende en kalmerende musiek. Te kry vir Apple Kim sê Kliënte geniet die musiek, want dit laat hulle volkome ontspan. Prys sowat R11 4 Naam van app Professional Spa and Wellness Magazine

61659

Oor ’n Maandelikse spa-en-gesondheidstydskrif

Te kry vir Android en Apple

Kim sê Dis eintlik ’n tydskrif vir mense wat in die spabedryf werk, maar dit hou enige geesdriftige op hoogte van onder meer skoonheidsnuus, holistiese terapieë, die jongste in mediese kosmetiek, naelbehandelings en vordering wat gemaak word op die gebied van laserhaarverwydering.

Prys Gratis

[caption id="attachment_41939" align="alignnone" width="300"]Kim Peters, spa-terapeut Kim Peters, spa-terapeut[/caption]