DIS sowaar al weer amper lente en dit beteken jy gaan baie meer vel moet wys. Laat ons nie ontken dat die gedagte ’n bietjie vreesaanjaend is nie. My eie bene is in ’n toestand nadat dit maande lank in kleefbroeke weggesteek was. En moenie om die bos gelei word deur skoonheidsartikels wat jou vertel jy het net ’n goeie skeer en ’n tikkie selfverbruiner nodig nie. Nee, meisie, as jy goed in daai minirok wil lyk, gaan jy die groot kanonne moet uitruk. Gelukkig het ek omtrent al elke ding op die rak beproef en weet ek teen dié tyd wat werk. Skrop die winter weg In die eerste plek gaan jy ontslae wil raak van al daardie dooie, vaal wintervel – en daarvoor het jy ’n afskilfering nodig. Die meeste skropmiddels op die mark is ongelukkig maar pieperig omdat hulle nie  genoeg afskilferingsdeeltjies per hoeveelheid jel het nie. Dis waarom ek daarvan hou om my eie skropmiddel te maak deur doodgewone stortjel te neem en ’n klomp growwe sout daarin te gooi. So kan jy iets skep wat regtig goed skrop en nie ’n fortuin kos nie. Nog ’n manier om van droë vel ontslae te raak, is om dit weg te toor met ’n goeie chemiese afskilferaar propvol alfahidroksiesuur. Die beste een wat ek kon vind is Environ se Derma-Lac-room (R220, Sorbet en uitgesoekte salonne). Dit werk ook fantasties as jy ou sonbruin wil wegwas. Dis wel aan die sterk kant en as jou vel dus sensitief is, wil jy dalk by die skropmiddel bly. Environ Derma-lac lotionTooi jou tone Kyk volgende na jou voete. Jy het jou tone waarskynlik heel winter lank nie geverf nie – dis heeltemal in die haak, maar dis nou tyd om ’n draai te gaan maak by ’n professionele naelsalon en ’n pedikuur te laat doen. As jou geld skraps is, doen dit net een keer sodat ’n kundige die dooie vel kan wegskrop en jou naelvelletjies perfek kan vorm. Dan is dit maklik om dit self in die loop van die somer te onderhou. Kies ’n jel-pedikuur want dit neem vir ewig voor die kleur uitgroei (anders as met jou vingernaels). Dis ook ’n goeie idee om ’n kleur te kies  wat jy maklik self kan koop. So kan jy die voorkoms langer laat hou deur net die gaatjies te vul as dit begin uitgroei of afdop. Baai jou bene in goud

Laastens maar nie die minste nie: As jy maar arm is aan melanien (dus wasbleek soos ek), wil jy dalk ’n fop-gloed byvoeg. Een van my gunstelinge is St Tropez se Self Tan Bronzing Mousse (R280,99, Clicks) – dit sorg vir ’n mooi, natuurlike kleur en ruik hoegenaamd nie na selfverbruiner terwyl dit ontwikkel nie. Ek het dit selfs eenkeer aangesmeer net voor ’n troue en nie ’n enkele gas het agtergekom ek was besig om te verbruin terwyl ek die bruidsruiker probeer vang het nie.

St Tropez bronzing mousse

As jy gespanne is oor selfverbruiner, kan jy iets beproef soos ModelCo se One Night Tan (R250, Edgars en Red Square). Dis ’n verbronsingsmousse wat afgewas kan word. Wanneer jy dit aanwend aan vel wat bevogtig is, smelt dit sommer maklik in – selfs nog beter as jy ’n selfverbruinings-aanwendingshandskoen gebruik. Die kleur is mooi en natuurlik (brons, nie oranje nie!) en daar is nie ’n druppel blink in nie sodat dit selfs meer natuurgetrou lyk.

Model Co One Night Tan

Jy kan dus uitsien na ’n heerlike somer en sexy bene waarmee jy kort voor lank in ’n bromp kan spog. (Ja, ’n bromp. Dis ’n (kort)broek wat ook ’n romp is en dit gaan binnekort óral te sien wees. Onthou jy dit nog uit die ’90’s? Absoluut afgryslik maar ek wed jou ons gaan nog almal daarin rondparadeer.)

- Leigh van den Berg

Leigh-135x90 Leigh van den Berg is ’n vryskut- mode-en-skoonheidskrywer van Kaapstad. Sy is gek oor meisie- en glinstergoed en is veral trots daarop dat sy jou parfuum 10 tree ver kan uitken. Niks maak haar meer opgewonde as nuwe skoonheidsgoetertjies nie, behalwe miskien sjampanjedrankies, klapperlekkers en daai ou wat Dean in Supernatural speel. Lees haar blog by Lipgloss is my Life en volg haar op Twitter @lipglossgirl 

Lees Leigh se vorige blogs vir Huisgenoot by:

Lyk fantasties (al het jy ’n vieslike verkoue)

Tyd om te skitter

Die beste produkte wat ek onder oë gekry het